Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 September 201516 September 2015

Paul Celan. Vertaling in Afrikaans

Paul Celan ( 1920-1970). Vertaal deur Gunther Pakendorf.

 

FUGA VAN DIE DOOD

 

Swart melk van die oggend ons drink dit saans

ons drink dit smiddags en soggens ons drink dit snags

ons drink en drink

ons grawe ‘n graf in die lug daar lê ‘n mens nie styf bymekaar nie

‘n man woon in die huis hy speel met die slange hy skryf

hy skryf wanneer dit skemer na Duitsland jou goue hare Margarete

hy skryf dit en kom staan voor die huis en die sterre vonkel hy fluit

vir sy honde

hy fluit vir sy Jode laat ‘n graf grawe in die grond

hy beveel ons maak musiek vir die dans

 

Swart melk van die oggend ons drink jou snags

ons drink jou soggens en smiddags ons drink jou saans

ons drink en drink

‘n man woon in die huis hy speel met die slange hy skryf

hy skryf wanneer dit skemer na Duitsland jou goue hare Margarete

jou asvaal hare Sulammiet ons grawe ‘n graf in die lug daar lê

‘n mens nie styf bymekaar nie

 

Hy skree grawe dieper in die aardryk julle hier jul ander sing en speel

hy neem die yster uit sy gordel hy swaai dit sy oë is blou

skop dieper die grawe julle hier jul ander speel voort vir die dans

 

Swart melk van die oggend ons drink jou snags

ons drink jou smiddags en soggens ons drink jou saans

ons drink en drink

‘n man woon in die huis jou goue hare Margarete

jou asvaal hare Sulammiet hy speel met die slange

 

Hy skree speel die dood soeter die dood is ‘n meester uit

Duitsland hy skree stryk die viole donkerder dan styg julle op as rook in die lug

dan het julle ‘n graf in die wolke daar lê ‘n mens nie styf bymekaar nie

 

Swart melk van die oggend ons drink jou snags

ons drink jou smiddags die dood is ‘n meester uit Duitsland

ons drink jou saans en soggens ons drink en drink

die dood is ‘n meester uit Duitsland sy oë is blou

hy tref jou met ‘n loodkoeël hy tref jou nou

‘n man woon in die huis jou goue hare Margarete

hy jaag sy honde op ons hy gee ons ‘n graf in die lug

hy speel met die slange en droom die dood is ‘n meester uit Duitsland

 

jou goue hare Margarete

jou asvaal hare Sulammiet

 

(Uit: Woorde soos Pluimsaad: Duitse gedigte uit agt eeue (1990), vert. deur Gunther Pakendorf)

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Paul Celan – vertaling in Afrikaans
Paul Celan – Vertaling in Afrikaans →

4e gedagtes oor “Paul Celan. Vertaling in Afrikaans”

  1. Helize van Vuuren says:
    17 September 2015 at 20:28

    Daar is waarskynlik veel meer as twee vertalings van hierdie klassieke gedig, dalk veel meer waarvan ons nie bewus is nie. So is daar ook nog Lina Spies se vertaling in TYDELOSE GETY (2014: 74-75)- waarin George Weideman se romantitel, DONKER MELK VAN DAERAAD ge-eggo word as refrein-reël (eerste en laaste twee strofes hier weergegee – reëls breek ongelukkig op rare plekke af hier weens ruimte-beperking):

    FUGA VAN DIE DOOD

    Donker melk van die daeraad ons drink dit saans
    ons drink dit smiddags en smôrens ons drink dit snags
    ons drink en drink
    ons grawe ‘n graf in die lug daar lê jy nie vasgedruk nie
    ‘n Man woon in die huis hy speel met sy adders hy skryf
    hy skryf en loop buitentoe en die sterre die skitter hy fluit
    vir sy honde om digby te bly
    hy fluit sy Jode in rye om ‘n graf in die grond te grawe
    hy beveel ons om te speel en die dans in te lui

    (…)
    Donker melk van die dagbreek ons drink jou snags
    onsd rink jou smiddags die Dood is ‘n meester uit Duitsland
    ons drink jou saans en smôrens ons drink en drink
    die Dood is ‘n Meister aus Deutschland blou is sy oog
    hy tref jou met ‘n loodkoeël hy tref jou presies
    ‘n man woon in die huis jou goldenes Haar Margarete
    Hy sit sy honde op ons en guns ons ‘n graf in die lug
    Hy speel met sy adders en droom der Tod ist ein Meister aus Deutschalnd

    jou goudblonde hare Margarete
    jou asvaal hare Sulammiet

    Reply
  2. Engela Geyer says:
    17 September 2015 at 19:41

    Baie dankie vir jou moeite, Marlise. Bly dat daar nou twee uitstekende Afrikaanse vertalings van “Todesfuge” ( “Jahrhundertgedicht” –
    belangrikste Duitse gedig uit die twintigste eeu) in Afrikaans is. In Engels
    is daar glo 12.

    Reply
  3. Waldemar Gouws says:
    17 September 2015 at 12:33

    Dankie Marlise vir die plaas van hierdie vermaarde vertaling.

    Reply
  4. Maria Snyman says:
    17 September 2015 at 08:36

    Wonderlike idee om Pakendorf se vertaling ook hier op Versindaba te plaas.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)

Nuutste bydraes

  • Andrea Sieberhagen. Koljander so deur die bos
  • Keith Oliver Lewis. vroeg ryp, vroeg vrot: mirror chat before the runway
  • 100 Duitse Bestes: Hermann Hesse (1877-1962)
  • Nini Bennett-Moll. Die veelkantige oeuvre van Marlise Joubert
  • Joan Hambidge. Oosterse digkuns II

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)17 June 2025

    Baie dankie, Ilse. Dié vertaalprojek is ‘n opwindende en uitdagende onderneming soos min vir my en Robert.

  2. Ilse on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)9 June 2025

    Dankie vir die lieflike vertalings!

  3. Heleen Louw on Jacobus Swart. Franz Kafka4 June 2025

    Treffend uitgebeeld. Jou vermoe om die essensie van 'n lewe' te omskryf is iets besonders vir my. En dan jou…

  4. Caren Kearley on Resensie: “Dawerende stiltes” (Caren Kearley)4 June 2025

    Dankie Maria, jy is welkom om my te kontak as jy een wil bestel. carenkearley@gmail.com. Ek is Ninni ewig dankbaar…

  5. Joan Hambidge on Ilse van Staden. Deursigtige oggend3 June 2025

    Beeldskoon hoe hierdie gedig vloei.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d