Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 October 2015

Nuwe publikasie: Portrette in my gang (Dolf van Niekerk)

Omslag

Portrette in my gang

Dolf van Niekerk

In Dolf van Niekerk se sesde digbundel kyk hy terug op mense, dinge en gebeurtenisse wat ’n betekenisvolle rol in sy lewe gespeel het. Die digbundel word as ’t ware ’n klein galery van skilderye wat momente in die skrywer se lewe vasvang. Die openingsgedig “Vergange” bevat ’n sleutel: Die gedigte handel wesenlik oor daardie oomblikke wat huiwer tussen “aankoms en vertrek”, oomblikke waarin die tyd “saamvloei in die nou / se durende verlede.” Daarom dra die beroemdheid of uiterlike belangrikheid van die onderwerp nie gewig nie: Gedigte oor figure soos pous Julius II, Albert Schweitzer en Peter Blum staan naas gedigte oor die skrywer se moeder wat hy vroeg verloor het, oor sy vader, ’n stoere wildeseringboom en ’n gunsteling-posduif. Daar is ook gedigte oor magiese oomblikke, soos ’n besondere orkesuitvoering in Tel Aviv, ’n nag by die see en ’n oesdag in die Overberg wat herinner aan ’n Van Gogh-skildery.

Dit is ’n ontroerende bundel waarin die digter nie net sin uit sy eie lewe probeer maak nie, maar ook besin oor beskawing en by monde van Bartolomeus Dias “vermoed: / Afrika duld nie vreemde goed”.

OOR DIE OUTEUR

Dolf van Niekerk is ’n bekende en geliefde skrywer van prosawerke soos Die son struikel (1960), Skrik kom huis toe (1968) en Die haasvanger (1985). Sy betrokkenheid by radiowerk het gelei tot talle radiopraatjies, hoorspele en vervolgverhale. Hy is meermale vir sy werk bekroon en het onder andere die Eugène Marais-prys, die M.E.R.-prys en die Scheepersprys ontvang. PRYS: R150.00 (BTW ingesluit); ISBN: 978-1-4853-0230-8 (gedrukte boek); 978-1-4853-0231-5 (e-boek); 978-1-4853-230-8 (ePub); FORMAAT: 213 x 137 mm; Sagteband; 62 bls. Protea Boekhuis, 2015)

.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Dolf van Niekerk – vertaling in Engels
Wicus Luwes. Die maskers van Verwoerdburg →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d