Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 October 2015

Clinton V. du Plessis. Taalles 101

Taalles 101

Daar was nooit sekere woorde
in ons woordeskat nie
dus het ons nooit sommige idees gekoester of vertroetel nie
want wat jy nie
kan benoem nie
nie kan verwoord nie
nie wil onthou nie
dit bestaan eenvoudig nie
meer
nie.

Byvoorbeeld:

wie onthou kitskonstabels?
bykans nege duisend
gekweek
ses weke opgelei
om opstand te onderdruk
die reëls te verbuig,

dit wat ongerieflik en ongemaklik
op die tong kom lê
stroop ons uit die taal
ons kapater die gewete die geheue gemaklik gerieflik
reduseer die diskoers tot

140 karakters lank

Kyk, die taal is soepel,

speels soos ’n hanslammer, lank voor die slagting

rooi rok bokkie-mooi
ah ah ah

baby, baby tjoklits-onskuldig
ah ah ah

hokaai stop die lorrie-verontwaardig
ah ah ah

jy vergeet
die taal was in Boipatong

(the place of hiding)
aan ’n stewel wat snags ’n deur in sy moer kon skop
of koevoet,
of in die loop van ’n pistool, knalgedemper
op die tweede verdieping van ’n vermeende skuilhuis
in ’n buurland
met twee verdwaasde kinders
wat wees wonder
oor die stillewe
van hul ouers se bloedbedruipte lyke op die vloer

die taal het ’n balaklava gedra
as die derde mag in die donker lokasies van teen-insurgensie
die sweterige hande met kapmesse in mynhostelle
het mombakkies aangesit die aangesig
Askari-swart gesmeer
handskoene
het die koverte vingerafdrukke van afsku verbloem

die taal was ’n fopmyn,

’n briefbom, fraai vermom.

 

Taal skend en skeld:

nigger, dyke

impimpi, Amaqheya

Sieg Heil.

 

Steeds:

“O wye en droewe land, alleen”

 

Desnieteenstaande:

“mateloos is my liefde vir die land
verwikkeld gehard en onomwonde.”

 

Want:

“Die geheue is ’n byekorf
vir die aandword van ons dae”

 

Dus,

die taaie tameletjie dan:
is dit taal of spreker wat die mandjie vol ballas
van die verlede moet probeer pypkan?

 

Eindnote:

Aanhalings kom uit gedigte van:

N P van Wyk Louw

Antjie Krog

Breyten Breytenbach

 

© Clinton V. du Plessis /2015

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Clinton V du Plessis. Marilyn Monroe
Clinton V. du Plessis. Die boor →

2e gedagtes oor “Clinton V. du Plessis. Taalles 101”

  1. Maria Snyman says:
    26 October 2015 at 14:26

    “Taalles 101” sou moontlik gesien kon word in die lig van Heidegger se woorde in sy opstel “What are poets for?”:

    “The mystery of pain remains veiled. Love has not been learned. But the mortals are. They are, in that there is language. Song still lingers over their destitute land. The singer’s world still keeps to the trace of the holy.”

    D.w.s. dit is nie net óf “taal [óf] spreker wat die mandjie vol ballas / van die verlede” sal kan “pypkan” nie, oftewel wat die waarde van die sg. waardelose dinge van die verlede kan problematiseer nie, maar ‘n sekere onderhandeling tussen die taal en spreker, oftewel die maak/raaksien van ‘n soort lied, oftewel gedugte gedig, of wat Derrida ook verkies om die poëmatiese te noem (en wat oral voorkom as jy mooi kyk) en wat behels daardie asof voorgeskrewe gedig wat [outomaties/logies moet/sou moes] gebeur [het] en net wag om raakgesien te word [om in die volle buitensporige/demonstruktiewe (Gouws 1988) glorie daarvan te gebeur] … ‘n [T]aaie tameletjie” inderdaad!

    Hoe werk dit immers dat ‘n digter dit wat ek al lankal VOEL maar sukkel om te verwoord, oor te vertel, “klein te kry”, vir my in woorde kan sit, dit presies reg te kan be-skryf … ?!

    “Daar was nooit sekere woorde / in [my] woordeskat nie / dus het [ek] nooit sommige idees gekoester of vertroetel nie”, maar nou kan ek – “die taal was ’n fopmyn, / ’n briefbom, fraai vermom”, want “[…] taal [is] ’n fopmyn, / ’n briefbom, fraai vermom”!

    Reply
  2. Gustaf says:
    19 October 2015 at 08:09

    Hmm, die pen dra weer vrugte, goed om te sien Clinton.
    Taalles 101 krap aan aan ‘n soort jukkerigheid wat homself nog nie uitgewoed het nie……. trouens Taalles 101 is tans baie gewild in veral die Eikestad waar (amateur) videos die gereedskap is om die kursus verder te populariseer. En dis op die oog af nie opsioneel nie…….

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)
  • Nini Bennett-Moll. Jack Unterweger en die outeursfunksie van ’n reeksmoordenaar
  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026

Nuutste kommentaar

  1. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  2. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  3. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  4. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  5. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d