Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 November 2015

Clinton V. du Plessis. Die boor

Die boor

 

Thandisizwe, die rotsbooroperateur,
huur in ‘n township, Boitekong,
‘n sinkhuisie, in die agterplaas
die ekstra huurgeld help die eienaar
sonder kaart of transport
om siel en liggaam aanmekaar
te probeer hou.

Na werk, was Thandisizwe
in ‘n skottel,
op ‘n ou spieëlkas,
sy gesig, sy bo-arms, sy lyf,
moeg na ‘n dag se swoeg,
agt ure die aarde se baarmoeder in
die donker warm vagina waarin
hy verbete boor vir die erts
om los te kom
om te smelt
om uit te voer.

Soms kuier hy naweke laat in taverns
met baie vuur en bier
waar vleis en driftige vlees
hom tydelik laat vergeet
van sy huis ver van hier

Daagliks is dit sy inferno,
die hel is ‘n skag,
‘n tonnel,
diep
in die aarde
geboor,
daar waar
Kapitaal gretig
met haar bene wyd-oop
wink en hy droom van al die dinge om te koop
vir vrou en kind:
die goedkoop vermaak
ingevoer op satellietskottel
en tot vervelens toe herhaal,
die gewaande behoeftes
geskep deur advertensiehuise
se jong briljante cocaine breine.

Sy hel;
‘n boor
van 25kg in sy arms
wat vibreer teen ‘n rotswand
en iewers ‘n skelm wat skuil.

Snags, in sy bed,
steeds die boor
wat in sy arms vibreer,
bewe,
sy hele bed wat skud,
bewe,
die boor wat dreig
om deur
die kamer
se sinkmuur te beur,
vibreer,
deur sy slape te skeur.

* ‘n Skelm is ‘n term wat deur myners gebruik word vir plofstof wat in ‘n rotswand geplaas is, maar nie ontsteek het nie. Daar bestaan die gevaar dat dit later in die boorpunt se pad kan beland en ontplof. Daar is sedertdien nuwe rotsbore op die mark wat nie vereis dat werkers dit hoef vas te hou nie.

© Clinton V. du Plessis / 2015

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Clinton V. du Plessis. Taalles 101
Clinton V. du Plessis. Sela →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d