

1.
Drink die Boeddha sans soet:
vergeet die skyn, volg
jou mandala van porselein.

2.
The typewriter is holy.
#thetypewriterisholy
Is the typewriter holy?

3.
Die laaste droesem drink ek nooit:
koppie word kommetjie
wat uit my stilte sing.

4.
“Strelend, helend, antiseptiese kruiesalf”.
Eensame opsluiting ten spyt.

5.
Goedkoop swanesang
van die kantgordyn:
tog sal die lig bly skyn.

6.
Zen van die rooi pen:
markeer die niks.
Drink jou tee.

7.
Die hart, ’n eensame tikmasjien:
Hermes Baby met geen boodskap aan die gode nie.
Laat ek hul dan maar eenmaal prys
want Odusseus ruik moer.

8.
Daar was ’n kerktoring
sonder duiwe maar met wolke en Whitman.
Iewers was daar son en eindelose drade:
I sing the body electric.
