Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 May 2017

Nuwe publikasie: Knapsekêrels (Pieter Fourie)

knapsekêrels

pieter fourie

Omslag

Die gedigte in hierdie debuutbundel handel onder meer oor ‘n byna uitgestorwe plattelandse lewe met tradisionele gebruike en ambagte. Tog word dit haarskerp en klokhelder verwoord sodat ook die moderne stadsmens aanklank daarby kan vind. Hy skryf ewe meevoerend oor die stad (Kaapstad) se leefruimte. Daar is ook aktuele gedigte oor Suid-Afrikaanse toestande, tydlose verse oor die dood en prikkelende, maar ook skreiende uitbeeldings van die liefde. Die verse het ‘n eie, unieke klank en styl. Die minimalistiese woordgebruik is besonder suggestieryk en skep dikwels meerduidighede – betekeniseggo’s wat naklinkend in die leser se kop bly draai. Die beelde en klanke klou inderdaad aan jou vas soos knapsekêrels.

Die skrywer is ’n Hertzogpryswenner asook die mees bekroonde en gepubliseerde dramaturg in Afrikaans. Hy skryf onder meer Faan se Trein en Mooi Maria .Hy word op 77 die oudste debutant in die Afrikaanse poësie. Sy kwantumsprong van dramaturg tot digter is getrou aan die aard van Fourie se hele loopbaan. Die vestiging van die KKNK as eerste Uitvoerende Hoof is maar een voorbeeld. Hy ontvang ’n ere-doktorsgraad in dieself­de jaar (2011) as Desmond Tutu by die Universiteit van die Vrystaat. Pieter Fourie is wyd bekend in die teater- en me­diawêreld in Suid-Afrika.

kwartel
(vir d.j.opperman)

.
ek koester jou
ratspootpassies
dartelend
in opslaggrassies
lui draffie
van fisant
is minder
amusant
kelkiewyn

o, ja
fynpikkewyn
riethaantjie
spog rooikousies
op waterlelieblaar
harlekyn
ballerina
gordyn

Die bundel kan ook bestel word op die webtuiste. www.naledi.online

(Naledi, 2017; Prys R 175.00, Sagteband • 128 p • 213 mm x 137 mm, ISBN: 978-0-928316-77-3)

.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Onderhoud met Pieter Fourie (Knapsekêrels) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal
  • Nuwe Bundel. Carina van der Walt: Frankofiel
  • Nuwe Bundel. Daniel Hugo: Vers & Kapittel III
  • Nuwe Bundel. Jeanne Henning Els: Vlerke is vir vlieg

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d