Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 May 201719 September 2017

Melanie Grobler. die gebreekte vaas

 die gebreekte vaas

 

1.

 

My ma het reeds haar naam vergeet

toe sy die trappe klim na die skemerhuis

 

waar stapels klere eens op ’n somermiddag

op die strand gedra is, nou slordig oor die meubels hang.

 

Ek droom van my ma, haar brandende gees

as sy na die mistige blou porselein vaas

deurdrenk met vreugdes en klaagliedere loop.

 

Daardie vaas op die tafeltjie wat draaiend

en tuimelend deur die ruimte geslinger word

die ligblou skerwe wat die ruimte vul

 

ek hoor die herhalende klank van versplintering

iets wat breek, asof sy vanaf die rant

van die afgrond al haar besittings

in die donker dieptes gooi.

Ek het nooit die gewig

van ware waansin ervaar nie.

 

 

2.

 

Ek is die enigste dogter van my ouers

beeldskoon maar nie sterk nie

 

alles het verander toe ek in die stad

met sy helder elektriese ligte gaan bly het

 

daar het my komplekse gemoed verdeel

my hoogtes het torings geword

my laagtes ’n dooie see

 

die driwwe en riwwe en onstuimige branders

van my siekte, word my lêplek

ek verdrink in die donker see

 

hier waar ons voor die kaggel van die strandhuis

sit, takseer my oplettende vriende my gedrag

hulle sien die reën as dit teen die melkhout slaan

 

buite die venster

tuimel een mal seemeeu

na die voue van waansin

die kosmos frons oor sy uitspattige gedrag.

 

 

3.

 

Na die storm lê die skerwe oop

en bloot op die wit strand

ek wag geduldig

 

my oë soekend na ’n besondere

blou, verdof deur sout en sand

ek wag geduldig

 

buk af om die stukkies te bekyk

na die sagte glimmende kleur

tussen die klippers en die skilfers

 

die porselein is droog en poreuse

die blou glans

vertroebel en gladgeskuur

 

sonder tekens van die verwoede golwe

wat hul vermorsel het; gloei en klik

hul teen mekaar in my handpalm

 

meteens is die blou meer helder

asof die pigment nog nat is

asof die glasuur so pas aangeverf is

 

die objek weet nie dat dit vermorsel is nie

die stukke weg gedra na verre strande

vyf stukke, een met ’n noukeurige geometriese

patroon, twee heeltemal wit, een wit met ’n smal

dubbel band donkerblou en die laaste skerf

die kleinste van almal, ’n goddelike kwatryn

op die dak van ’n piepklein pagode geverf.

 

© Melanie Grobler / 2017

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Melanie Grobler. Die Botrivier delta
Melanie Grobler. Max Richter Droom 3 →

3e gedagtes oor “Melanie Grobler. die gebreekte vaas”

  1. Charl-Pierre Naude says:
    1 June 2017 at 14:25

    Hallo Melanie. Ek dink jy het bedoel siklus? 🙂 Dit gaan moeilik wees om daardie vraag te beantwoord, maar vanuit ‘n lesersoogpunt laat die drie gedigte beslis die indruk van ‘n siklus (wat werk met die herhaling van tematiese en/ of strukturele elemente). Sterkte met die nuwe werk.

    Reply
  2. Melanie Grobler says:
    29 May 2017 at 16:09

    Baie dankie Charl-Pierre. Die vraag wat ek graag wil vra, is die sikus voltooi. Dink baie aan jou.

    Reply
  3. Charl-Pierre Naude says:
    29 May 2017 at 09:18

    Daar is iets baie mooi wat in hierdie verse aan die gebeur staan.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d