Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 June 2017

PEN Afrikaans. Eer aan Breyten Breytenbach

Breyten Breytenbach

Internasionale eer aan Breyten Breytenbach

Breyten Breytenbach, een van PEN Afrikaans se stigterslede, het op 25 Mei vanjaar die Zbigniew Herbert-prys in Warskou, Pole, in ontvangs geneem.
Die Herbert-prys is ’n internasionale literêre verering wat sedert 2013 jaarliks toegeken word vir uitstaande werk en intellektuele prestasies gekoppel aan die Poolse skrywer, digter en moralis Zbigniew Herbert.

Breyten het gesê dat hy dankbaar en bly is vir die prys namens almal wat in Afrikaans skryf. Hy het ook by die toekenningsgeleentheid in sy toespraak sterk protes aangeteken teen die manier waarop meertaligheid en minderhede tans in Suid-Afrika minag word:

“Ek kom van ’n aarde wat weer plat sal wees, waar die stabilisasie van diversiteit uitgedoof word deur ’n diepgaande gekoloniseerde politieke voortvarendheid in lofprysing van onkunde en onbevoegdheid.

“Dit is voorgeskryf dat die taal van my baie moeders en vaders, van hibridisering, van anderwording, stil sal word en ingesluk sal word in skaamte vir die verlede.”

[…]

“Alles daarvan sal platgevee word deur die moreel korrekte gewigtigheid van vrees, konformiteit, populistiese slagspreuke gedrapeer in die lykkleed van nihilisme, ook genoem historiese determinisme.

Of, anders gestel: Vir vooruitgang en gelykheid ‘is dit net natuurlik dat die meerderheid meer regte moet hê as die minderhede’, volgens pres. Zuma van Suid-Afrika.

“Enigiets, solank dit net nie ware transformasie is nie, ware bevryding is nie, ware menslike bemiddeling in die aangesig van ’n ewigheid wat ontvou, ware aanspreeklikheid vir die verlede en die toekoms met ’n werklike verantwoordelikheid teenoor die lewe.”

Die bestuur van PEN Afrikaans deel die kommer wat Breyten uitspreek, maar ons wens hom namens almal wat in Afrikaans skryf, geluk met die groot internasionale eer wat hom te beurt geval het.

Breyten se volledige toespraak en poësievoorlesing by die toekenningsgeleentheid is hier beskikbaar.

PEN Afrikaans

Bestuur

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Breyten Breytenbach. Wat die droom is
Gelyke Kanse se hofsaak teen US. Braam de Vries & Breyten Breytenbach se briewe ter ondersteuning →

3e gedagtes oor “PEN Afrikaans. Eer aan Breyten Breytenbach”

  1. Cas Vos says:
    30 June 2017 at 18:11

    Goeie digtersvriend Charl-Pierre, jy is in die kol: bedoel fonteinwater wat ook verband hou met die betekenis diep in die bottel kyk. Baie dankie.

    Reply
  2. charl-pierre naude says:
    30 June 2017 at 16:03

    Goeie digtersvriend Cas, daai woord “vaam” is OF ‘n lekker Freudiaanse glipsie, so gepraat van fonteinwater, OF dis in die kol as ‘n woordspeling. Want daai digters kan lekker diep in die bottel kyk, jy onthou self, baie vame diep …

    Reply
  3. Cas Vos says:
    30 June 2017 at 07:13

    Beste Breyten, van harte geluk met jou pronkprys. ‘n Roos en angelier aan elke bors.Jy is ‘n groot digter, want die beoordelaars is almal digters van vaam. Drink asb genoeg fonteinwater vir jou reis en gee aan ons ook ‘n bietjie.
    Mooiloop en groete,
    Cas Vos

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d