Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 October 2018

Melanie Grobler. Twee gedigte

Die meisie in haar wit rok

 

Twee weke lank stap die meisie deur die berkebome

  na die houtkerk waar ’n bedelbakkie asook

  herfsblare deur die ruimte leviteer; die mirre-olie

  wat sy aan haar polse smeer het reeds die heilige geskrifte

  en voetstappe van die heiliges uitgewis.

 

Hier is Rachel, die meisie met die wit rok

wat tussen die berke begrawe is.

 

Veertien jaar gelede het haar ma gesterf

haar boetie diep begrawe

haar pa weggeraap

haar hele lewe wou Rachel

haar pa se lui bewegings leer ken.

 

Toe ek ’n jong vrou was

het ek ook ’n babaseuntjie gehad

wat duisternis bo die lig van lewe

gekies het

fout was sy sterwe

kind wat my nooit sal ken nie, nooit.

 

***

(vir die ongebore kind)

 

Vanaand in die omhelsing

van weemoed

om my weemoed

om my sterf die sterre

 

ek kruip verder na die plek

na die plek leeg van lig

my liefie toegedraai

toegedraai in die nag

 

en ek langs jou

ek langs jou

na die leegheid

en die litanie

 

en die skaduwee

bevry my, my verlies

my verlies en die litanie

en die skaduwee, sterre sterf.

 

©Melanie Grobler 2018

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Melanie Grobler. Ons mistige siele
Melanie Grobler. Drie gedigte →

4e gedagtes oor “Melanie Grobler. Twee gedigte”

  1. Melanie Grobler says:
    14 October 2018 at 09:52

    Baie dankie

    Reply
  2. Marinda van Onselen says:
    13 October 2018 at 07:13

    Hartverskeurend

    Reply
  3. Annora Eksteen says:
    12 October 2018 at 13:27

    Allerliefliks beskryf – die ontsettende gevoel van rou verlies – dit laat my op ‘n manier dink aan ‘n film wat ek verlede jaar gesien het: The Light Between Oceans.

    Reply
  4. Elza Lorenz says:
    9 October 2018 at 19:47

    Aangrypende herinnering aan elke verlies…

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)
  • Nini Bennett-Moll. Jack Unterweger en die outeursfunksie van ’n reeksmoordenaar
  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026

Nuutste kommentaar

  1. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  2. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  3. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  4. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  5. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d