Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 January 201927 January 2019

Boris Pasternak. Vertaling in Afrikaans

Boris Pasternak. Vertaling in Afrikaans deur Helize van Vuuren.

 

Naskrif

 

Nee, nie ek was die bron van jou smart

nie ek’t gepleit om my land se vergetelheid.

Die son het op druppels ink gebrand

soos klossies korente vol stof.

 

Cochineal gesprei deur die bloed

van my elke gedagte en ieder geskrewe woord.

Nie ek was die bron van die wurmerige rooiheid.

Nee, nie ek was die bron van jou smart.

 

Dit was die aand gevorm uit stof

wat jou gesoen het, in oker-stuifmeel verstikkend.

Skadu’s wat jou pols gemeet het, jy

wat gesig-draai na die brandende veld,

swemmend op hekskarniere

oorvloei met skemer, as en papawers.

 

Heel somer was ‘n branding van peule,

opskrifte en verbleikte bagasie

die swerwersbors verseëlend met was

en jou hoede en rokke wat ontvlam.

 

Dit was jou wimpers gegom deur die son

dit was die wrede skyf wat stamp met sy horings

teen mure, heinings platveënd.

Dit was die ontsteekte sonsondergang neuriënd in jou hare,

die pers afskuddend van bamboes en framboos.

Nee, dit was nie my liefde, maar jou lieflikheid.

 

[Boris Pasternak. Somer 1917]

 

Marc Chagall. The Promenade. 1917

 

Boris Pasternak – “Postscript” uit My sister – life, 1922

[vertaal en verwerk :  HvV uit die Engels van Mark Rudman, 1983. 18/1/2019]  

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Ingeborg Bachmann – vertaling in Afrikaans
Erez Bitton. Om woestyn te sê (Vert.) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat

Nuutste kommentaar

  1. Cobus van den Berg on Krige Visser. parodie en ironie20 July 2026

    Dankie Krige. Ek lees dit oor en oor….sodat dit kan insink.

  2. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  3. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  4. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d