Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 June 201918 May 2019

Willie van der Merwe. Twee gedigte

Die Here is nie meer my herder nie

(vir Lucia, Psalm 23)

 

Die Here is nie meer my herder nie
want by jou kan niks ontbreek nie
jy lê my neer in groenweivelde
jou asem, jou  kus is waters van rus
jy verkwik my siel en lei my in die spore
van jou geregtigheid net om my ontwil
al gaan ek deur die dal van doodskaduwee
pleeg ek steeds onheil met jou
want jou nek en jou skouers vertroos my
jou borste berei die tafel voor my aangesig
my hoof is vet met olie
my beker loop oor
net goedheid en guns sal my volg
al die nagte van my lewe
en ek sal in jou tempel kom
tot in lengte van dae

*

 

my hart is ‘n fladderende duif

 

jy het my hart aangeraak

my hart is ’n fladderende duif

misplaas, onvanpas

paniekbevange teen die ruit

en die ruit is my borskas, jy weet?

 

toe ek streel oor jou voorkop en jou slape

het ek sagkens geloop met my vingers

oor elke letsel en ledemaat

eers met duimpie en toe met sy maat

en toe met langeraad

 

terstond het die duif genestel

grys en gespikkel, maar bronstig

en toe was dit te laat

 

jou voorkop, jou mond, jou gelaat

is ’n tempel, die tempel van Salomo

nee, die Taj Mahal, ’n bedevaartsoord

vir wie nie meer bid

 

ons moet die duif laat vlieg

hierdie hart van my moet vlerke kry

 

hoe doen ons dit?

.

©Willie van der Merwe / 2019

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Willie van der Merwe. Bedevaartslied

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Resensie: “Strik” (Gerhard Barkhuizen)
  • Anne-Marie Bartie. Kidnapping-accused mom told State witness she sold Joslin Smith to a sangoma, court hears

Nuutste bydraes

  • Carina van der Walt. Drie taalmanifestasies
  • Onderhoud: Johan Braeckman gesels met Yves T’Sjoen oor sy Breytenbach-drieluik
  • Stephan du Toit. verhuis
  • Mysterieus alternatief voor ‘woke’ Boekenbal
  • Wynand J Booysen. Stilkind

Nuutste kommentaar

  1. DIETLOFF VAN DER BERG on Bester Meyer. Breyten Breytenbach: Om die duif wat opkom en ondergaan aan te hou volg …8 March 2026

    Baie dankie vir hierdie persoonlike siening en waardering van Breyten se werk.

  2. Gerard Scharn on Gerard Scharn. dirge6 March 2026

    Baie dankie meneer Odendaal.

  3. Bernard Odendaal on Gerard Scharn. dirge5 March 2026

    Treffende ironie. Die hart sing sy solodeuntjie.

  4. Bernard Odendaal on Willem M. Roggeman.5 March 2026

    Boeiend.

  5. Willem Hendrik Meyer on Kan iemand help?4 March 2026

    Dis wel my werk wat ek gedoen het vir die Oor die einders van die bladsy projek van die Noordwes…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d