Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 August 2019

Breyten Breytenbach. inskrywing

inskrywing 

 

dié dagnagboek

en daarom ‘n reisjoernaal …

 

kyk, hierdie is die soom van jou lewe

losgetorring al langs die plooi

van oorlewe

ter wille van vérder te wil bewe

totdat die teef jou inhaal

en jou doderok verskeur…

so-ewe moes jy jou juis inkdink in die sewe beswerings

omdat klippe haar nie van die werf gaan verwilder

en jy beter pad moet vat na diepsee se einder

 

kyk, hierdie is die naat van my lewe

al is dit ook ‘n gewaande seestraat

as verbeelde streep gelaat

in die nat van bewussyn

 

kyk stip, Antonio Machado lê as verstekeling

begrawe in die lies van hierdie grens

wat sy oorsteekstreep was na ballingskap

se diékant daaikant daai kant diékant …

digby die see van lig wat nie

die dood se land is nie

omdat die gedig in sy toegevoude hand ‘n klippie

versteen soos die dromer se skip

beskerm teen die gekerm van onthouspoel en sand

 

en wanneer die laaste uitvaart se dag aanbreek 

en die boot wat nooit weer om hoef te draai 

te water gaan om die sloot eindstreep toe te trek 

sal jy my met min bagasie aan boord vind

half kaal en vry soos die see se kind 

 

vertaal nou die verbeende lyk en vou dit oop

in jou droombesoekboek se some ingebind

om daardie skeepsjoernaal in bewereis te stippel

terwyl hordes halfgeklede toeriste blind

in die sonlig hul dooie lewens oorlewe

skaars ‘n klipgooi ver van hierdie werf

se diékant daaikant skrywe …

asof geen sout of water ooit sal wéét

van ‘n verskeepde nagjoernaal

versand in die steengroef van ballingskap nie …

 

en maak of hulle tot plooiens toe lag en versigtig suip

terwyl daar gewag word vir die maan wit lap

– wié wéét, dood se halfverskeurde onderrok? –

om te wys dis weer veilig vir drenkelinge

om te swem in die see van vergeet

 

                                             Collioure, 7 Augustus 2019

 

[© Breyten Breytenbach.]

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Breyten Breytenbach. Notre-Dame de Paris, 15 April 2019
Breyten Breytenbach. Reiseinde fragmente →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d