ek kerm ingeperk
oor kind en kerk,
in my huis op my werf
nog by oorle pa geërf
ek hoor hulle plak ingeperk
glo iewers sonder kos of kerk
bondels agter sak en sink
en huil oor môre se werk
net voëls flirt en fluit onbeperk
totdat hulle eers weer ingeperk
hees sal hoes in rook en roet
van die mens se handewerk
maar met hierdie grendel eers verby
sal ek en jy tog weer die ek-virus kry
© Hans du Plessis, 2020
In watter digbundel verskyn sy gedig: Ingeperkte sonnek