Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 May 202015 May 2020

Gisela Ullyatt. Uitgang

 

Hospitaal, eensame doolhof / êrens val lig in blokke

steriel die vloere / my hart klop elektries, iewers

naalde en bloedsusters. Ongesiens glip ek deur

vlakke van nabyheid en afstand / ongekend.

 

Môre /  ’n dagreis ver en geruisloos soos wit

komberse. Moederowerste, agter poorte lê

pêrels en die vaak / jou kruise besweer niks

én alles / jou bidkrale klik stom.

 

Vader van pyn / jou vleishakies soos ’n Bacon-

skildery / Francis Francis, jou screaming pope

kasty en betig met vuur / maar ligjare verwyderd

van vlees reis ek over the rainbow

 

© Gisela Ullyatt, 2020

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

5e gedagtes oor “Gisela Ullyatt. Uitgang”

  1. Berdéhan Brand says:
    17 May 2020 at 12:03

    Vleeslikheid word soms verbloem, maar die vleeshakies waaraan die mens opgesny bly hang, dié spesifieke Bacon-skilderye en die gedeelde res is nou meer as ñ vae vuur van dit wat is en hoe dit regtig is – dit is meer as ñ gedig.

    Reply
  2. Susan Smith says:
    17 May 2020 at 10:58

    Gisela, ‘n roerende gedig. Die onsigbare pyn intens voelbaar gemaak.

    Reply
  3. Susan Smith says:
    17 May 2020 at 10:57

    Gisela, ‘n roerende gedig. Die onsigbare pyn helder en voelbaar gemaak.

    Reply
  4. Gisela Ullyatt says:
    16 May 2020 at 12:57

    Ai, Hannes ek waardeer jou kommentaar. Ek het jóu gedig, “Covid – internering” , wat vroeër (vandeesweek? My begrip van tyd verswak met elke dag) baie roerend gevind, maar sonder enige soetlike sentiment. Die beelding daarin is so helder en dit is byna soos ‘n mini-film wat voor my geestesoog afgespeel het. Die slot, werklik treffend. Welgedaan!

    Reply
  5. Hannes Visser says:
    16 May 2020 at 09:18

    “Geruisloos soos wit komberse” en met “bidkrale wat stom klik” neem jy ons op die onbekende reis waarvan ons eintlik niks weet nie en nie op kan voorberei nie. As mense weer vir my vra wat maak ‘n gedig ‘n gedig, is hierdie ‘n puik voorbeeld. Twaalf reëls, n volkome verhaal. Dankie Gisela.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Feesmaalgang" (Dietloff van der Berg)
  • Resensie: “De ontdekking van het eiland: breytenbachiana” (Yves T’Sjoen)
  • Resensie: "Ontbloot" (Marthé McLoud)
  • Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)
  • Resensie: “Dwaaldae” (Andrea Sieberhagen)

Nuutste bydraes

  • Peter Sacks. Vertaling van Engels in Afrikaans
  • marlise joubert. afskeid
  • Jeanne Henning Els. verwerking
  • Digtersprofiel: Jannie Malan
  • Margaret Cordier-Biermann. Wie het Tyd die doodstraf opgelê

Nuutste kommentaar

  1. Johan Coetzee on Bernard Odendaal. brief   onversend19 April 2026

    Erg treffend en roerend Bernard.

  2. DIETLOFF VAN DER BERG on Dietloff van der Berg. Hoor die metafoor18 April 2026

    Dankie Margaret, ek glo mens moet 'n gedig hoor anders bly dit 'n intellektuele spel op paier.

  3. margaret cordier on Dietloff van der Berg. Hoor die metafoor18 April 2026

    Dankie Dietloff vir ʼn veelseggende en insiggewende skrywe!

  4. Bernard Odendaal on Hennie Nortjé. Hertzog-tertjies17 April 2026

    Lekker laat jy my lag, Hennie! Humor werk ‘n bietjie soos salf.

  5. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. brief   onversend17 April 2026

    Dankie, René.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d