windeier, sommer
In ‘n poging om die vertaalde Tranströmer vers van vanoggend uit die web te lok, te knip en dan oor te plak en aan te stuur vir ‘n ou digtersvriend (halfbroer) wat nou saam met sy Turks-Amerikaanse vrou met irisse boer iewers in Toskane – immergroen knolplant met pronkerige blomme, flap; reënboog; reënboogvlies v.d. oog: dankie, VAW – want hy staan ook met die een voet in die gapende graf van ou briewe (die vlietende reënboog is ‘n vlieslied) / en omdat ek nie weet hoe om dit te doen nie, hoe om te vertaal nie, kry ek toe die volgende resultaat. (My tata sê daar is nog baie poelpetate in die Vrystaat – jy beter jou patats oppas!)
Answers to Letters
In the bottom drawer of my desk I come across a letter that׀ ׀first arrived twenty-six years ago. A letter in panic, and it’s׀ ׀still breathing when it arrives the second time.׀ ׀A house has five windows: through four of them the day׀ ׀shines clear and still. The fifth faces a black sky, thunder׀ ׀and storm. I stand at the fifth window. The letter.׀ ׀Sometimes an abyss opens between Tuesday and׀ ׀Wednesday but twenty-six years may be passed in a׀ ׀moment. Time is not a straight line, it’s more of a׀ ׀labyrinth, and if you press close to the wall at the right׀ ׀place you can hear the hurrying steps and voices, you׀ ׀can hear yourself walking past there on the other side.׀ ׀Was the letter ever answered? I don’t remember, it was׀ ׀long ago. The countless thresholds of the sea went on׀ ׀migrating. The heart went on leaping from second to׀ ׀second like the toad in the wet grass of an August night.׀ ׀The unanswered letters pile high up, like cirro-stratus׀ ׀clouds presaging bad weather. They make the sunbeams׀ ׀lustreless. One day I will answer. One day when I am dead׀ ׀and can at last concentrate. Or at least so far away from׀ ׀here that I can find myself again. When I’m walking,׀ ׀newly arrived, in the big city, on 125th Street, in the wind׀ ׀on the street of dancing garbage. I who love to stray off׀ ׀and vanish in the crowd, a capital T in the mass of the׀ ׀endless text.ıƖˡ׀
TOMAS TRANSTRÖMER (1981) Vertaal deur Robin Fulton.
Wat volg is die… (gevolg) van die poging om die ‘oorspronklike’ weer te herstel, veral die lynafbakening, en dit word toe ‘n spel van vraag en vervaging. Vraag: Hoeveel ‘stemme’ is daar opgesluit in ‘n teks? Wat is die eggo’s wat jy hoor, en hoekom? (Iewers onder die woordhopies en letterstrepies – meen jy – is daar iets waar te neem van die primordiale kreet.) Stom kreet? En dit kan nie vervals word nie? Wie toor daar in die toring? Jy kan tog nie uit die gedig ‘vertaal’ (vertaalhaal) wat nie reeds daar is nie, al waai die woorde ook weg op die wind. Vertaal is windverwoording.
Natuurlik kan dit vir ewig aanhou. Ons gaan dood, kom tot ‘n einde, omdat daar te veel alternatiewe is. Zeno se aksioom – dat die ewigheid of die oneinde bestaan (en nie bestaan nie) omdat dit wat jy wéét of hét weer en weer verdeel (en gedeel?) kan word. (En weer.) Wat se ‘spore’ bly oor van ‘n ‘eie’ (hoeveel vere van die eier) in die variante? “Le mouvement, fut-il chaotique: jusqu’ici, on n’a pas trouvé mieux contre la mort.” Synde: Beweging, al is dit ook chaoties: tot dusver het ons nog nie iets beter teen die dood gekry nie. Meerstemmige beweging?
Let daarop hoeveel slaankrag of wagkrag opgesluit lê of losgelaat word in jou keuse (?) van enjambementering. Jy sou kon argumenteer dat dit juis dáár is dat beweging ontstaan… en waar die paaie (moontlikhede) vurk. (Jy – ek? – bevraagteken die keuses gemaak, bewustelik of nié, deur die twyfelende Tomas, of sy vertaler. Jy begryp nie mooi hoekom die some juis dáár gestik is en nie elders nie. Jy ‘onteien’ die maker/versaker. Jy neem ‘n bietjie van sy las oor. En sy laste? Versmaker. Versmakker. Makkelaar. Maakmekaarmak. Die digter hakkel sy woorde tot begrippe soos die makelaar sy aandele tot wins.)
answers to Letter
a letter that׀ ׀first
a letter in panic, and it’s׀ ׀
the second time.׀ ׀
four of them the day׀ ׀
black sky, thunder׀ ׀
window. The letter.׀ ׀
Tuesday and׀ ׀
may be passed in a׀ ׀
line, it’s more of a׀ ׀
wall at the right׀ ׀
steps and voices, you׀ ׀
there on the other side.׀ ׀
I don’t remember, it was׀ ׀
of the sea went on׀ ׀
second to׀ ׀
an August night.׀ ׀
like cirro-stratus׀ ׀
make the sunbeams׀ ׀
One day when I am dead׀ ׀
so far away from׀ ׀
When I’m walking,׀ ׀
in the wind׀ ׀
to stray off׀ ׀
in the mass of the׀ ׀endless
(“skryf is hoed afhaal en vertaal”)
gee my jou jas en jou tarentale
kom laat ons stotter in al die
valerwordende vokale van skemering
maar gee my jou taaljas
jou droomtrommel en jou maan-
oppas: dat ons saam mag vernaam
© breyten breytenbach, 2020
Tranströmer het meer as een gedig geskryf waarin briewe voorkom, bv, “Nocturne” en “Air mail” (Hy het die Engelse titel gebruik).
“Antwoord op ‘n brief” het ek uit Sweeds in Afrikaans vertaal en dit ingesluit in my bundel vertalings van Tranströmer gedigte wat tans in produksie is by my uitgewer. Ek plaas die gedig hierby.
Ek het Tranströmer se paragraafindeling behou soos hy dit geskryf het.
Svar på brev
Tomas Tranströmer
I nedersta byrålådan hitar jag ett brev som första gången kom fört tjugosex år sedan.
Antwoord op’n brief
In die onderste laai van my lessenaar kom ek af op ’n brief wat ses en twintig jaar gelede aangekom het. ’n Paniekerige brief wat nog steeds asemhaal wanneer dit vir die tweede keer aankom.
Die huis het vyf vensters: deur vier skyn die dag helder en stil. Buite die vyfde venster is ’n donker lug, donder en storm. Ek staan by die vyfde venster. Die brief.
Partykeer gaap daar ’n afgrond oop tussen Dinsdag en Woensdag maar ses en twintig jaar kan in ’n oomblik verbyflits. Tyd is nie ’n reguit lyn nie, dit is eerder soos ’n doolhof, en as jy jouself op die regte plek in die muur vasdruk, kan jy die haastige voetstappe en stemme hoor, jy kan jouself hoor verbystap daar aan die anderkant.
Is die brief ooit beantwoord? Ek kan nie onthou nie, dit was lank gelede. Die see se oneindige drumpels het aanhou aankom. Die hart het aangehou spring van sekonde na sekonde soos ’n padda in die nat gras van Augustus.
Die onbeantwoorde briewe hoop op, soos cirro-stratus wolke wat slegte weer voorspel. Dit maak die sonlig dof. Ek sal eendag antwoord.
Eendag wanneer ek dood is en uiteindelik kan konsentreer. Of ten minste so ver hiervandaan dat ek myself weer kan vind. Wanneer ek, pas aangekom, stap in die groot stad, in 125e straat, in die stormwind in die straat van dansende vullis. Ek wat daarvan hou om rond te loop en te verdwyn in die skare, ’n hoofletter T in die oneindige massa teks.