Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 January 20214 February 2021

Gaius Valerius Catullus. Vertaling in Afrikaans

 

Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (100)

 

Gaius Valerius Catullus. Vertaling van Latyn in Afrikaans. Vert. deur Jean Meiring.

 

Catullus se nege-en-negentigste vers

 

Jy was spelerig, heuningrige Juventius, toe ek

by jou ‘n soen soeter as die soetste ambrosia kom steel.

Maar my sonde had ‘n straf: vir die allerlangste uur

onthou ek hoe ek op die grootste kruis gekruisig word:

terwyl ek vir jou jammer probeer sê, wou geen trane

eens ‘n tikkie van jou wreedheid uitwis nie.

Want sodra die daad gepleeg was, het jy jou lippe –

gebaai in baie trane – met de laaste vinger skoongevee.

Niks wat mý gesig daar gelaat het, het agtergebly nie,

so asof dit die vuil speeksel van ‘n vuige sypaadjieslet was.

Boonop het jy nie ‘n stokkie voor my swaarkry gesteek nie –

ék deur die liefde geïnfekteer, op elke denkbare manier gemartel.

Daarom het daardie soen vir my uit ambrosia verander

in iets bitterders as die heel bitterste suringstele.

Omdat dít die straf is wat jy op hopelose liefde neer-

hamer, sal ek na dese nooit weer ‘n soen probeer steel nie.

 

***

 

Carmen 99

Gaius Valerius Catullus

 

Subripui tibi, dum ludis, mellite Iuventi,

saviolum dulci dulcius ambrosia.

verum id non impune tuli: namque amplius horam

suffixum in summa me memini esse cruce,

dum tibi me purgo nec possum fletibus ullis

tantillum vestrae demere saevitiae.

nam simul id factum est, multis diluta labella

guttis abstersisti omnibus articulis,

ne quicquam nostro contractum ex ore maneret,

tanquam commictae spurca saliva lupae.

praeterea infesto miserum me tradere Amori

non cessasti omnique excruciare modo,

ut mi ex ambrosia mutatum iam fores illud

saviolum tristi tristius elleboro.

quam quoniam poenam misero proponis amori,

nunquam iam posthac basia subripiam.

 

Bronverwysing:

Garrisson, Daniel H. (Red.) 2004. The Student’s Catullus, derde uitgawe. Oklahoma: University of Oklahoma Press.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Gaius Valerius Catullus. Vertaling in Afrikaans
Gaius Valerius Catullus. Vertaling in Afrikaans →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat

Nuutste kommentaar

  1. Cobus van den Berg on Krige Visser. parodie en ironie20 July 2026

    Dankie Krige. Ek lees dit oor en oor….sodat dit kan insink.

  2. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  3. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  4. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d