Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 February 202120 February 2021

Daniel Hugo. Ted Hughes aan Anne Sexton: 9 Augustus 1967

 

Ted Hughes aan Anne Sexton: 9 Augustus 1967

 

Steur jou nie aan resensies nie.

Albei soorte is sleg, maar dié wat loof

is die slegste.

Hulle bevestig jou self-

tevredenheid – behalwe as hulle aanprys

dit waarvan jy self nie hou nie. En

hulle maak jou ongemaklik oor jou deugde

– soos wanneer jy ’n kind komplimenteer

met ’n onbewuste, aangebore gawe. En

hulle stig ’n ondergrondse verset, want alle

applous is die voorloper van skeltaal. En

hulle beroof jou van jou vrye anargie

deur jou ’n regeringspos aan te bied. En

hulle vervreem jou van jou demoon

wat dit verpes om dopgehou te word,

wat die gelukkigste is wanneer hy

incognito sy werk kan doen. En

hulle nihileer jou afstand van die sfeer

waar jy jou verse laat infiltreer – hulle

maak jou sigbaar in daardie einste sfeer. En

hulle bevredig jou ambisie wat afhanklik

is van radikale onrus en openbare afjakke. En

hulle vervals die lewe deur jou met jou verse

te laat saamval: jou gedigte verdien die lof

en jý eien jou dit toe. En. Ensovoorts.

Maar

slegte resensies funksioneer soos vernederings.

Jy voel jy moet elke reserwekrag monster (insluitende

God en die Duiwel) en die absolute werklikheid

produseer wat al die aanslae kan weerstaan. Hulle

stuur jou terug na die wildernis.

Hoe dit ook al sy:

steur jou nie aan resensies nie.

 

(Bron: Letters of Ted Hughes, Faber and Faber, 2007, pp. 275-276)

 

© Daniel Hugo, 2021

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Daniel Hugo. Kersfees in die Karoo
Daniel Hugo. Sinesteties →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d