Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 April 202115 April 2021

Breyten Breytenbach. Rou skryfberigte

 

ROU SKRYFBERIGTE

 

*

ons probeer so goed moontlik

met die vashou van afwesigheid

oor die weg kom

 

laat-los is nie vir sissies

maar by verstek die aankoms

en vertrek

vir wie nie bang is om aan boord

te gaan

 

en te lewe

in die moederskip wat reeds

die dood se baar is

 

om met die wrakversplintering planke

van die gestrande ark

‘n vers te prakseer vir die boord voëls

se begrafnisklanke

 

 

*

met ander woorde

daar is dié wat met woorde

die ondenkbare probeer sê

weer en weer

na gelang dit al hoe meer

duidelik word

daar kan geen beduidenis wees

 

en dan is daar hier dié

wat mét die woorde praat

om hulle aan te spreek

ewe paraat vir luister

en te sê

 

ek weet nie wat julle uit wil lê

behalwe om oor en oor

elk ‘n halwe oor

waarvan die dieper hoor

moes verwelk

om die ondenkbare maagdevlies

te mog verloor

hierdie leë kelk te wil omtoor

tot ander woorde

 

 

*

blink gelewe neus teen die wind

om vir die Ewigheid te wink

 

gedink dis sommer net vir rinkink en skink

en skielik is dit donker ink

 

doppie geklink

op môre se stink

 

*

 

 

 

 

*

(enso)

 

wanneer jy Niks skryf

om vir Niet

onderliggend aan die Woord

tot volle Syn te bring

is dit goed

        so

om Nêrens te begin in die kring

 

en beweeg

om stilruimte te maak

vir alTyd

wat Al oopgaaneinde

Iewers is

 

*

 

(gevolgtrekking met nawesigheid één gat)

 

ja-nee

 

 

 

 

_____________________________________________________________________________________

Hoesê Sosê,

Parys, 12 April 2021

 

 

 

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Breyten Breytenbach. Biebie skryf ‘n gedig vir sy 81ste
Breyten Breytenbach. Die inkommer →

1e kommentaar op “Breyten Breytenbach. Rou skryfberigte”

  1. Joan Hambidge says:
    15 April 2021 at 07:47

    ‘n Pynlike en roerende lament.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Antjie Krog: ʼn  Ondersoekte lewe.  ʼn Huldiging" (Louise Viljoen, Red.)
  • Resensie: "Feesmaalgang" (Dietloff van der Berg)
  • Resensie: “De ontdekking van het eiland: breytenbachiana” (Yves T’Sjoen)
  • Resensie: "Asindeton" deur Joan Hambidge
  • Resensie: "Ontbloot" (Marthé McLoud)

Nuutste bydraes

  • Paul Kloppers. let me drown (‘n klikklare kopsterf)
  • Jeanne Henning Els. grootwordhuis
  • Digtersprofiel: Juanita Louw
  • Koos de Wet. kosmiese adres
  • Johann Lodewyk Marais. Rooibok

Nuutste kommentaar

  1. Benita Hartman on ND Cronjé. seisoene in ‘n rei10 April 2026

    Vernuftig sikleer die digter seisoene in gestroopte taal,met alle sintuie fyn ingestel - atmosferies. Puik.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Goed gaan8 April 2026

    Dankie, Paula. Ek waardeer die terugvoering.

  3. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Goed gaan8 April 2026

    'n Kragtige slot. 'n Pynlike lykdig wat 'n familieverbintenis verhaal teen die politieke agtergrond. En lyfseer aktiveer hartseer.

  4. André le Roux on Hennie Nortjé. Artemis 27 April 2026

    Die voorspelling word bevestig. Fyn opgemerk en saamgevat!

  5. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Goed gaan7 April 2026

    Dankie, Daniel. Dié veertjie van jou af steek ek ingenome in my hoed!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d