sestig met gesigte in gestig
op
opper
opperman
eina ina
dring in
kroeg
boos boser boes
rym altoos met
doos en poes
van wyk wou
gesigsbedrog gedrog
en olga met kers
dalk raak hul gewoond
aan mekaar se oond
o lag
adam small
en peter blum
verbloem tot blom
breyten in bruid
tuin
wil na stok in stroom
en allerhande
ander lande
gee spies
en eybers eiers
uys
het u
‘n ander sy
wat maak jan rabie
met die barbie
pop
‘n verskriklike verskil
ogie
tot die oerge orgie
van weduwee viljee
net ‘n verpeste perverse vers
sonder broek
NB: nie ernst
ig
© Hennie Meyer, 2021