Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 June 20211 July 2021

René Bohnen. Lug en water

 

 

 

Lug en Water

v         v         v

v    o         o         o     v

v        ë          ë        ë         v

v              l           l     voëls             v

v               s          s         s                 v

vs                                                           sv

s                     w                                s

s                  o                             s

s              r                         s

s   sardien t j  i  e    s

My katoenrompie is ‘n skottel vol vissies

in Amanzimtoti, ek is 8 jaar oud, die sardientjies loop

en mense krioel op die strand, die wêreld is veilig, almal skep

silwer lyfies vir aandetes en middagetes en pret

Tien jaar later by die weir met die baie bome langs die Boemansrivier net voor sononder

swerm die spreeus in hulle duisende sodat koerante daaroor berig, ek is verlig

vandag om murmurasies en skole visse te sien vlieg in die lug

van Escher se alles en orals

kyk op ek kyk af ek kyk afenopenaf en op opper

sardientjies in Toti word voëls in Tilburg, ek is nou vyftig

en die klank van merels vloei in Escher se eie eerste taal

flankeer met die werklikheid, ons klinkers en vokale tessalasies van mekaar,

mekaar se woorde, Afrikaans Nederlands Nederlands Afrikaans

visse van eenderse voëls        en tog ook nie

die metamorfose geleidelik soos wanneer ‘n dogtertjie vrou word

die reis na oneindigheid, sardiens in die see, die kuns

van die onmoontlike, die murmurasies van gedigte bokant die bome

wanneer woorde ‘n lang silwer lap word wat onderwaters wapper

en uitspoel in jou mond soos ‘n sardynloop uit ons geheue; katoenklere

en houtskuite is flappende voëls en migrerende visse

by Tilburg en Toti

val gedigte in my skoot

 

© René Bohnen, 2021

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← René Bohnen. Ek wou vir jou
René Bohnen. ligspirale →

4e gedagtes oor “René Bohnen. Lug en water”

  1. René Bohnen says:
    30 June 2021 at 09:19

    Dankie vir die vriendelke kommentaar, Carina en Elisma. Thank you, Sharon, I appreciate your reading.

    Reply
  2. Elisma van Zyl says:
    29 June 2021 at 17:33

    Ek staan in verwondering oor die ongelooflike speelsheid met klinkers en vokale wat woorde vorm, vissies in die skoot van ‘n dogtertjie wat vlieg hoog in die lug. Jy mag maar Rene!! Jy is vir my nie net ‘n mentor, maar rolmodel in die digkuns.
    Uitstekende voorstelling en gedig!

    Reply
  3. carina van der walt says:
    29 June 2021 at 11:25

    Wat ‘n wonderlike gedig, René!
    Ik slaan hoendervleis uit van kroontjie tot toontjie. Het ek my Escher se “op up” met jou gedeel? Hier? Ek kan dit nie eers onthou nie. Skandalig van my. Dit is fantasties wat ‘n oplettende oog, ‘n goeie geheue en ‘n onbetwisbare taalgevoeligheid teweeg kan bring. Jy hét dit alles. Dit is uitstekend saamgevat in ‘n vormvers as voorspel vir die res van hierdie fyn woordspel. “Till we meet again, my dear friend. AC – After Corona.”

    Reply
  4. Brummer Sharon says:
    29 June 2021 at 10:44

    Patience with words are a valuable attribute

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d