Om die draai van onthou
Om die draai van onthou
klink die hemel se lied,
en die son sing akkoorde
sonder woorde.
Om die draai van onthou
blom die winterblom soos toe
in kleure van geel en blou.
Om die draai van onthou
treur die wilger steeds
trooswoorde uit die son,
akkoorde sonder woorde
Om die draai van onthou
sing die hemel steeds
en jou beeld dans dol,
jou naam staan geskryf
in kartels van die water
wat ek tog nog kan lees
in die draai van onthou.
©Hantie Viljoen, 2021
Pragtige uiteensetting van n gemoeds gevoel,in n oomblik van alleen wees