Lentevers op die suffelste
‘n Anderman mompel agter sy smoeldoek in ‘n onverstaanbare bastertaal. Sy tande voel soos skerp steentjies in sy mond van al die Zoom meetings. Jy moet klippe kou as jy agter jou skerm in die verdriet-self-tronk, skuil terwyl die hele land op AVBOB se stoep gaan speel. Wat kan ek doen? Wat maak ‘n foël? Hy gaan soek pampoenpitte in sy epos.
Want dit word elke jaar lente in die Boland. Waterblommetjies en al. Elke jaar dan kom 16 September. Dan kan anderman met ougewoonte na die voëls in die Moermeiboom gaan kyk. Hulle knak hulle ruggrate en skut hulle blaaie net voor hulle vlerk vat. Handstrepe oor die silwer stilte om met vlieg woorde te vorm. Lek lek aan betekenis soos hulle pampoenpitte skyt. Koel klippies wat die aarde tref. Sommige word verlore en word vergeet. Ander groei.
As ons op die 16de September wakker word is daar ‘n grommende pampoen buite die vensterbank. Hy is vir onthou en misverstaan. So groot dat die maan hom nie eers kom opsluk nie.
© Charles Tait, 16 September 2021.