Ondergang
Na Czselaw Milosz
Die dood van my pa is soos die val van apartheid
wat ’n magtige weermag, generaals, en sammajoors kommandeer
met kommando’s en Casspirs en Recces,
maar nou sal hy geen grens meer bewaak nie,
hom in geen doodsakker meer begeef nie,
omdat sy mag gebreek is, sy bevolking verstrooi,
sy grond wat eens ’n oes ingebring het, met distels oorgroei,
sy god is vergete, sy taal verlore,
die aksente van ’n nageslag op roetes van wêreldstede.
© Alwyn Roux, 2021
Dankie, Joan.
Hierdie vers het my geraak. Sterkte met die proses.