Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 December 2021

Theresa Postma. Langsamer Satz

 

Langsamer Satz

na ʼn komposisie vir strykkwartet deur Anton von Webern

 

Stadig stadigaan

spoel idille landskap oor ons. Soos kamermusiek.

ʼn Pad wat krinkel langs boekenhout-en bakbos

verby, sweemsels lig, hakiesdoring

teen die luglyn op,

kerende ritme in elke maat.

Bo spitse stulp maan en ster

terwyl voordag verskiet tussen tortels

verlore aan eie sleuteltoon.

In hierdie uur van oorgawe waar

hemele oopbreek tot rooi disa,

het jy na my toe gekom,

skugter so-as ʼn grysbok

deur soel ruigtes,

fluisterend, sotto voce.

Kyk! ons woud hou mos en orgideë

waar skadu’s mekaar ontmoet,

kom drink uit die waters van minuet

laat kirduiwe ons akkoorde wees.

Ons is bergwind en blouriet, rotskuil, die fynbos

wat kophoogte groei en elke loodregte hang.

Ons is kusduin en riviervlakte.

Ons is tyd en ewigheid.

Kom liefsteling laat ons oomblik vir oomblik wy

luister luister

hoe sag die gewrig aan strykersnaar …

 

Toe verlange ons na verre hoogtes dra

was die weerklank in jou oë

tenger

soos die tik-tik-pizzicatogepluk.

 

© Theresa Postma, 2021

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Theresa Postma. Rooigety
Theresa Postma. It is well with my soul →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)
  • Nini Bennett-Moll. Jack Unterweger en die outeursfunksie van ’n reeksmoordenaar
  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026

Nuutste kommentaar

  1. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  2. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  3. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  4. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  5. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d