Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 October 2024

Theresa Postma. It is well with my soul

 

It is well with my soul

na ʼn gesang geskryf deur Horatio Spafford

vir Jaco Postma 11/08/1966-18/12/2020

 

Vandag is dit jou sterftediens,

Oukersdag. 24 Desember.

Geen klokke, geen kantate, geen Kerssang.

Hoe vreemd voel alles nie

die kapeldeure, massaal en lomp

die houtbalke spitsvormig na bo

die gesigte agter maskerlap, die droewige oë

dan ook, die versugting binne-in my…

Nog éénmaal hou ek jou vas.

Laat wind die vlagdoek halfmas vul

dit waai oor die noutes van tyd

terwyl ieder ʼn kers aansteek.

“When sorrows like sea billows roll.”

Êrens klink ʼn gehaa-haa-deda op gedrae noot.

Kon ek maar gaan

teen die disselblou lug

al met die klip-en skuilkranse langs

om melktou se eerste sterre

of dalk ʼn takkie bessierooi te pluk.

Hoe heilig jou gedagtenis,

intens my weemoed.

Nou bly die ylende geur van grafblom

die gedenkblad, die geliefdes

en tot herinnering

ʼn foto van jou, my man, bedetas aan die hand.

“Thou wilt whisper Thy peace to my soul.”

 

Toe kersevlam soos erekruise staan

herhaal die hadeda sy eenklanktone

en in die wegkwyn

lê deur die loodglasvensters stukkies haakdoringveld

waar jou liefde wat eenvoud was

inbrand op oulandsgras…

 

“It is well, it is well with my soul,” sing ek saam.

 

© Theresa Postma, 2024

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Theresa Postma. Langsamer Satz
Theresa Postma. L’Albatros →

3e gedagtes oor “Theresa Postma. It is well with my soul”

  1. Theresa Postma says:
    7 October 2024 at 12:33

    Ek het die @datum verkeerd verstaan, die gedig is in 2021 geskryf

    Reply
  2. Anne-Marie Bartie says:
    7 October 2024 at 11:58

    My vriendin KOOOK!
    Dankie dat ek weer iets van jou kan lees.

    Reply
    1. Theresa Postma says:
      7 October 2024 at 18:34

      Baie dankie Anne-Marie!

      Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d