Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 December 202126 December 2021

Theresa Postma. Stiltes

 

Stiltes

 

Hoe stil kon dit raak onder die wildevy

gestrek oor die begin tot einde

met wewerneste wat ‘n hemel hang

as jou gedagtes verstrengel soos

ranke, en nie woorde word…

 

Onthou jy hoe ons ure kón praat?

Ons had ‘n innigheid vir taal wat vloei,

passie vir die skryfkuns gemeen.

Jou woorde soos saad wat ‘n holte vind

het steunwortels verby klip gegroei,

dáár diep ingegrawe.

 

“Skryf jy nog gedigte?”

wou jy toe van my weet,

die laaste keer.

 

Nou reik stiltes ons aan

woord vir woord langs mekaar

en altyd vlam die rooikopwewers

asof fakkeldraers

in gewisheid van ‘n ewigheid.

 

© Theresa Postma, 2021

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Theresa Postma. Rooigety →

3e gedagtes oor “Theresa Postma. Stiltes”

  1. Wilhelm Schmidt says:
    26 December 2021 at 23:29

    Dit is ‘n riem onder die hart om ‘n gedig te lees waarin beelding ingespan word om die primêre praatwerk te doen. Baie sensitiewe sake word konkreet, byna objektief maar nie sonder gevoel nie, uitgebeeld. Die slotstrofe bring ‘n teer wending, ‘n voorspel en suggestie van ‘n abstrakte samesyn, ‘n durende verhouding wat tydloos en ewig blyk te wees.

    Reply
  2. Versindaba says:
    26 December 2021 at 14:22

    Die gedig van Bester Meyer is inderdaad steeds op die blad. Dit het net effens afgeskuif omdat ander plasings intussen gemaak is. U vind dit by die volgende skakel:
    https://versindaba.co.za/2021/12/23/bester-meyer-gebruiksaanwysings-vir-lees-smits-gedig/

    Theresa Postma het tot dusver nog nie in Afrikaans gepubliseer nie. Ons plaas gedurende Desember ook gedigte van nie-gepubliseerde digters, waarvan sommiges wel baie goed is.

    Groete. Marlies Taljard (Inhoudsbestuurder)

    Reply
  3. Adriaan van der Berg says:
    26 December 2021 at 13:33

    Ik vind dat een mooie praatvers in uw rijke taal, van een (aan mij,maar dat zegt in uw vaderland niet veel) onbekende Zuid-Afrikaanse Dichter.

    Ben verheugd met deze poëzie trefplaats. (Alleen vraag ik me af wat voor censuur uw blad onderhoudt, met de verdwijning van de verzen van Beste Meyer, die hier vanochtend noch prijjkten in al hun glorie? “Dichtkunst van het rein-kritische Laboratorium”, leek dat me wel, waarover ik heel graag meer zou hadden willen lezen…Een nieuwe experiment?

    Als het even kunt, wilt uw het niet aan me sturen? Voor privé gebruikt alleen maar, en voor mijn verzameling as poezieliefhebber?). Zie mijn adres hier boven. Dat zal ik bezonder waarderen…

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d