Trans taal
(met apologie Nathan Trantaal)
Ek is nou al shockproef mos
vi wat smeer djy my
mittie bolle wa dies wattie maaintie somma
innie alleys lat lê vi stink en fly happiness
silittie bieterster op kakpepier lykie
kanne man djouself soe djamme kry
soe hard perbeer suffer ytsqueeze?
Lat djy vi my in myse ivory tower
wil vetel vannie recesses vannie wyfie
en die extremities vannie mannetjies
in humankaaind,
alhai pieste en poele
soek ek nou daai in myse ivory tower?
Daai manne vannie mang ennie lem,
wat entjies ytsyg ennie lungs opfok
lies hille ooit poetry?
Kan selfie sê nie –
nou willek oek wiet
oorie spulse spellery
Wil djy lat ek lyster
of laat ek lees.
© Anton Döckel

Vat een van die krukke terug, ek het net 2 arms.
Loop hierdie teks dan nie met ‘n egokruk die vlaktes in nie? ‘n Kruk soos standaardafrikaans. ‘n Kruk soos sê-jy-vir-my-wat-ek-wil-hê-jy-moet-weet (of anders)? Ek hoop die survivor skryf voort deur die stryd.