Droom digter
jou metronoom-asemhaal
wieg in jou slaapbors
met ʼn jambiese hartklop
wat onwillekeurig onder beheer
van jou onderbewussyn tik-tak
jou drome vers teen jou verhemelte
waar jy die see proe in gedagte
soms roer jy onstuimig
as droomtreine in jou ontspoor
tussen oop lettergreepspore
jy swerf tussen spoor en brander
as jy gedigte inkatrol vir later
tot jy ontwaak as die siklus son
deur die môre se binnerym breek
begeesterd word woorde ink op papier
©Werner Die Woordskilder, 2021
Baie dankie vir die plasing