dit was hier
sal jy my ma hoor
sê
net om die draai
in die oorskulp van die berg
het haar motor
teen die rots
gefluister
’n lover wat
helderoordag
die wit kar omarm
daar was niemand om sy woorde te hoor
maar sekerlik was dit
kyk vir my
dis verby
koebaai
en die slag sou seker eggo
in die kaal Namakwaland vlaktes
as daar iemand was om te hoor
hier’s dit
sê my ma en
die bakkie volg die teer se
kurf
en ons vermy die rots
maar as ek vinnig kyk
sien ek dit weer
wit metaal vasgedruk
in ’n onsigbare vuis
geel shoprite sakke
wapper
lek na die wind
vlamme
lang stroke blonde hare
liefkoos die glas-skerf teer
’n hand
weerloos, kaal
palm bo.
© Joha van Dyk, 2022