Joha van Dyk. ek sien jou in kerkstraat

 

ek sien jou in kerkstraat

jou hande in jou baadjiesakke

 

ek wil vir jou vertel

van die geel chev

net ’n straat weg

hoe ek hom wil bestuur

vensters afgedraai

met jou langs my

hoe ek my vingers deur jou krulle wil trek

vir jou wil vertel

van werk

of my week

of een of ander artikel

waarvan ek skaars

kan sin maak

nes jy

 

maar ek stap

alleen

ek sien jou in die verbygaan

’n spook

hande in jou baadjiesakke

langs die chev

verby

 

ek soek jou steeds

altyd

in kerkstraat

 

© Joha van Dyk, 2022

 

Bookmark and Share

Comments are closed.