Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 January 202214 January 2022

Andries Bezuidenhout. Die gedig as doodsonde

 

DIE GEDIG AS DOODSONDE

 

Was dit nie vir korrupte pouse nie,

was die Sixtynse kapelplafon nooit beskilder nie.

Was die nie vir oorlogsoorwinnings nie,

sou vele komposisies aanhou swyg.

Was sekere beelde nie geplunder nie,

is hulle nooit in museums bewaar nie.

Dus, kuns is korrup, kuns is vuil,

kuns word nie geskep nie, maar gepleeg.

 

Hieroor wonder ek, tussen Karoobossies vanoggend,

hou dop hoe ʼn lewerik die lug in skree, weer aarde toe tol.

Vanmelewe, in die rivier doer oorkant, het Goewerneur van Plettenberg

seekoeie kom jag, karkasse agtergelaat

as feesmaal vir San jagter-versamelaars,

uiteindelik ʼn seisoenale ritueel.

 

Teen stollingsgesteentes daar anderkant nog gravure –

afbeelding van eland, seekoei. Als nou weg.

Die elande, die seekoeie, die rotskunstenaars.

Toe skaapboere intrek is ʼn seekoeijag gebruik

om jagter-versamelaars uit die koppies te lok

en is almal eensklaps met muskette afgemaai.

 

Wat sê mens oor die lewerik, wat sê mens oor ʼn seekoei?

Wat sou ʼn gedig oor afwesigheid en landskappe kom bydra?

Miskien dalk maar net dat hierdie gedig korrup is,

dat hierdie gedig vuil is, nie geskep is nie,

maar gepleeg is.

 

© Andries Bezuidenhout, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Badkamergesprek met ʼn spinnekop
Andries Bezuidenhout. Outydse toekomsgedig →

2e gedagtes oor “Andries Bezuidenhout. Die gedig as doodsonde”

  1. Andries Bezuidenhout says:
    17 January 2022 at 20:22

    Dankie Bester Meyer! Ek hou baie van daai een van Koos Kombuis, wat die verwysing weer by Opperman gaan haal het.

    Reply
  2. Bester Meyer says:
    17 January 2022 at 09:08

    Dis great!

    Weet nie hoekom nie, laat my dink
    aan Koos Kombuis:

    ‘Kuns is edel, kuns is boos, kuns is nogtans
    skadeloos’ wat word:
    ‘Kuns is edel, kuns is boos, kuns is nogtans
    goddeloos’ wat dan word:
    ‘god is edel, god is boos, god is nogtans
    skadeloos.’

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d