Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 January 20225 February 2022

Meyer van Rensburg. Vincent:  Sonneblomme en sipresse

 

Vincent:  Sonneblomme en sipresse

 

behep met kleur en lig en son

in elke verfhaal wat jy maak

soek jy die lewensbron

van die geheel

daarom die geel-op-geel-op-geel:

stamp die kwas in elke blomgesig

sodat die plakke olieverf

kan blok en stol en krul

tot stam en blaar en bloeisel

elke blanko seildoek en houtskilderbord opvul

en vir nou eers nié die koringland en kraaie

of knoestige stamme en geknakte wortels

wat dorstig kronkelkoers vir water

nie                                dis vir veel later

nou net sonkleurblomme

met harlekyngroen stingels

impressionistiese strepe, fleurige diepkrapvore

van dartelende kwasstele en paletverfmesse

om die donker sepia blommestamper

en kadmiumgroen kelkblare

met vrolike saffraan- en ambergeel botsels

te verenig, te versoen

en só jou bloeiselsonveld te laat straal

om die geel huis op te kikker

 

die ligspel neem jou só geheel in beslag

dat jy sommer vir dié somer twaalf sonneblomskilderye maak

 

en ek is gek oor almal en nog meer

selfs die later sterlignagsipresse

met hul abnormale krulstam-semi-esse

en karinkelstrepe wat die maan omkring

en krukwiel ry

sodat dit lyk asof die besterde hemeldak vergaan

 

maar een ding moet ek nog verstaan:

 

dié besnydenis van die oor

wat jy doen met eie hande:

was dit ’n geskenk, ’n korbanofferande

of het jy toe al klaar te veel verdriet gehoor?

 

© Meyer van Rensburg, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Bester Meyer. Maaiers
Meyer van Rensburg. Beeldbouer →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d