Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 January 2022

Waldemar Gouws. met die eerste van die hittegolwe in die nuwe jaar onder vorderende klimaatverandering

 

met die eerste van die hittegolwe in die nuwe jaar onder vorderende klimaatverandering

 

vroeg oos oor die rûens stoot hy uit

rys haas om bloedig te regeer

(dis in die gees buig kniel en bid vir die ou bowe-egiptenaars)

– die vuursfeer kom op

nader nader (nie na die parogiale pale toe nie)

hier onder aan ma afrika se oustreekse inkontinente gatkant

erger erger:

die wêreld tol oorstuur die hitte tegemoet –

 

dit wil so stotter op my lippe

om dit net gesê te kry

want dit is meer as enige mond vol

soos vars lug swig

 

luister kyk rond

harders dryf al dood voor die botrivier

jy sien nie meer ‘n bokkom nie

kaapse robbe – welpe en gryses – lê met stuipe op die strand

droogte en verspoelings verrinneweer die land

 

ons lewe gebuk en ironies

in die figuurlike skadu

op hierdie planeet wat haar drag dra en die se gatoorkop missie

 

o son hoe ver in die verlede was apollo

nie tog op die tong van sappho’s en iedere liriese klong

nog selfs met die onbewuste beatles se little darling

here comes the sun

 

met watter kennis moet ons vandag wik en nano’s opweeg

 

ja janus ou liewe janus

nou alkant verblind

wie dan sou jou te gou die deur wys

 

© Waldemar Gouws, 24/1/2022

 

 

 

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Waldemar Gouws. ou indrukke
Waldemar Gouws. oor erflewe in skemertyd →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d