Joan Hambidge. Bibliobibuli
Bibliobibuli
Woorde se sin
en samehang
maak van my
skryfverslaafde.
Dié konjunksie
waaroor Mencken
skryf, versoen
Grieks en Latyn:
dis ons gebied
om woordeloos
en woordsekuur
taalkundiges te troef.
Elke vers, gedig,
selfs klein of onbenullig,
‘n huldeblyk
aan al die woordeboek-
makers en taalnavigeerders
wat soms soos ‘n Boerneef
(taalman én digter)
almal die loef afsteek.
© Joan Hambidge, 2022