Ons is die aarde
Deur hierdie papier haal die boom nog asem
in die gebuigde heelal
Ek skryf vir ons ʼn sonwyser
Ingebed of oopgesprei is ek die landskap binne my
– groen –
soms die palmryke subtrope, dikwels die basaltiese berge
waar lammergeiers woon en die sakaboelas ffrripffrrip
flap
asof daar meer as een Eden is
© René Bohnen, 2022
