Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 May 20223 June 2022

Mellet Moll. Alexei Navalny

 

Alexei Navalny*

 

Die Moederland sal eendag weer bevry wees

en Moskou sal sy plek as wêreldstad inneem.

 

Die gees van Poesjkin, Tolstoi en Majakofski

sal oor die water van die Moskva sweef en in

die bome van die Khimki-woude resoneer as

die Alexandrov Ensemble ’n loflied aan haar,

die Moederland, se uitgestrekte Steppe bring.

 

En in Sint Petersburg sal Sjostakowitsj speel:

’n wals aan almal wat die vryheidsideaal van

hierdie somber land nog ken, die droom wat

steeds ontwyk, in die e-demokrasie wat kom.

 

Ons sal die Requiem van Anna Akhmatowa

weer onthou, waar sy afsluit deur só te skryf:

 

Die uur van die dooies het weer aangebreek.

Ek sien elkeen, hoor elkeen, en voel elkeen:

Die een wat die sleur van ’n oop venster ken;

Die een wat nie die bekende grond voel nie;

Die een wat die tuiskoms kopskuddend soek.

 

Ek het ’n kleed uit my woorde vir jou geweef.

Ek sal jou nooit vergeet nie, orals en vir ewig.

En al klamp hulle my gewonde mond dig toe

waardeur ‘n honderdmiljoen mense gesmeek

het, wil ek só onthou word wanneer ek sterf.

 

So as iemand eendag ’n gedenkteken vir my

wil bou, moet dit nie hier by die see bou nie.

Bou dit waar ek vir driehonderd uur gestaan

het en niemand die deur oopgemaak het nie.

Vergeet hoe haatlik hulle dit toegeslaan het;

hoe hierdie vrou soos ’n gewonde dier gehuil

het, en hoe die ys soos trane uit my ooglede

se onwrikbare brons gevloei het.

 

En laat die tronkduif in die verte koer as die

skepe ongestoord in hierdie rivier wegvaar.

 

’n Lig sal skyn uit Pokrof Strafkolonie No. 2

en Yulia, Dasha en Zakhar sal hom herken.

 

Один за всех и все за одного!

 

© Mellet Moll, 2022

 

* Strofes 5 – 8 is geparafraseer uit die Engelse vertaling van die slot van Anna Akhmatowa se Requiem.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Mellet Moll. Jacques-Yves Cousteau
Mellet Moll. Grondstasie →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d