Ballade van die Dose
ken jy my nou
het jy die spieël gesien
en ken jy jou
vra die nek vir die ken
want sien die geneek van die ken en die nek
is dat hul mekaar nie uitmekaar kan herken
as gevolg van die gewig van die gedig
se ek
en die gesprek
speel af in die sleep van die spieël
dapper met die trappe af
want die vet ou kan nie vertrou
op die vet vrou
vir wie die spieël
soos ‘n hond aan ‘n hand is
om te help met die dra
veral omrede sy nie ‘n bra
en self gewigtig is
dus dat sy weerkaatsing in die spieël
vir die nek en die ken van onskatlike waarde is
want sien hy besit nie eens een spieël nie
en woon arm in ‘n kamer
wat nou afgebrand het
as gevolg van ‘n brandstigter
is die hele stad in vlamme
al van gister
© Hennie Meyer, 2022