Joan Hambidge. Opruiming 6

 

Opruiming 6

 

Waarom staan horlosies by universiteite botstil?

Orals stop dit soos in ruimtes van rampe.

Hiroshima glo het tyd laat stilstaan; ‘n besoek

daar verklap hoe skerwe deur graniet beur …

 

In my kantoor ‘n klein horlosie, geskenk van Time

met ‘n flits, so by my kool wat na tien jaar tydhou:

tik-tik-tik, staangemaak langs ou swartbokse

van komputers in hierdie kantoor-as-installasie.

 

In Halifax is die Titanic-museum vir hierdie toeris

meer as ‘n besienswaardigheid: tuimelend

saam met ‘n duikboot om die juwele (via ‘n film)

te besigtig en vir jare ‘n dekstoel my screensaver.

 

In my verwydering smelt die ys van sekerhede

en die hereweet, onvanpas om rampe op te roep:

“Stop all the clocks”, wil ek saam met Auden gil.

Hierdie plek was my Noord, my Suid, my alles.

 

© Joan Hambidge, 2022

 

Bookmark and Share

Los kommentaar

 

*