Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 June 202229 June 2022

Joan Hambidge. Opruiming sewe

 

Opruiming sewe

 

Die aard van angs dat dit tydelik kwel?

Žižek meen die ergste emosionele hel.

Pinset of lornjet?  Lornjet of pinset?

 

Watermeyer se geldelike boedel oortref

‘n digterlike bemaking, al kelk ons die klanke

steeds bloeddorstig, een-sinnig in die keel.

 

Die sanger van die Suikerbosrand neem ‘n plek

in langs ‘n bloedrooi bundel In die verbygaan.

‘n Griekse vrou struikel en sterf skielik puntig:

 

‘n sonsambreel tref haar slagaar waterpasreg.

Van al die digters wat ek ken, bly dit Liesbet

wat hierdie terugpraat palinodies sou besleg.

 

Die aard van angs dat dit tydelik kwel?

Žižek meen die ergste emosionele hel.

Pinset of lornjet?  Lornjet of pinset?

 

‘n Digterlike diagnose in hierdie verhuisingstyd

met Dirk-der-Duisende se groot hosannas

as troos in hierdie semantiek se sirkelsang.

 

Cleanth Brooks se The Well-Wrought Urn

hardeband en hardebaard langs Garzilli

se Circles without Center ‘n sleutel geroes.

 

Laaste woord aan Ernst en sy hulsels van kristal:

dié bundels en studies kies ‘n eie bondgenoot

met ligte- en swaartepunte soos Jan F. se “Dis al”.

 

Die aard van angs dat dit tydelik kwel?

Žižek meen die ergste emosionele hel.

Pinset of lornjet?  Lornjet of pinset?

 

© Joan Hambidge, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Opruiming 6
Joan Hambidge. Opruiming agt →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)
  • Nini Bennett-Moll. Jack Unterweger en die outeursfunksie van ’n reeksmoordenaar
  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026

Nuutste kommentaar

  1. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  2. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  3. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  4. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  5. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d