Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 July 20225 July 2022

Onderhoud met Thys Human, Direkteur van die ATKV-Skryfskool by die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

 

Prof. Thys Human

 

 37 jaar nadat die eerste Herfsskryfskool op Potchefstroom aangebied is (in April 1985), het daar op 6 – 10 Junie 2022 weer so ʼn skryfskool (nou ʼn Winterskool) op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) plaasgevind waar dosyne skrywers deur die jare hulle eie skryfwerk kon slyp en kon luister na bekroonde en bekende skrywers wat uit eie ervaring gesels.

Marlies Taljard het met professor Thys Human, Direkteur van die ATKV-Skryfskool van die NWU, gesels.

 

Marlies Taljard (MT)

Thys, baie geluk met jou aanstelling as nuwe Direkteur van die ATKV-Skryfskool op die Potchefstroomkampus van die NWU. Jy volg in die voetspore van twee swaargewigte, naamlik professor Hans du Plessis en professor Bernard Odendaal – albei nou afgetree.

Vertel ons asseblief van jou eerste maande in dié warm stoel.

Thys Human (TH)

Baie dankie, Marlies. (Gelukkig is dit op die oomblik so koud in Potchefstroom dat daar geen sprake van warm stoele is nie.)

Maar, ja, ek is deeglik bewus van die reusebydrae wat my voorgangers ten opsigte van die stigting en uitbouing van die ATKV-Skryfskool gelewer het. Gelukkig het ek die voorreg om nog saam met hulle te werk en dus vir raad en leiding te vra as dit nodig is. Ek beskou my aanstelling enersyds as ʼn uitdaging (dalk selfs ʼn tipe verantwoordelikheid) om voort te bou op die werk wat Bernard en Hans gedoen het, maar andersyds ook om die ATKV-Skryfskool só te posisioneer en te bestuur dat dit relevant bly in ’n snelveranderende tersiêre onderrigkonteks.

 

MT

In hoeverre gaan jy die ATKV-Skryfskool bestuur soos jou voorgangers? Waarop gaan jy voortbou, en watter nuwe inisiatiewe beplan jy?

TH

ʼn Mens moet nie onnodig verander aan iets wat werk nie. Dit het ek sopas weer besef tydens die jaarlikse ATKV-Winterskool wat vanaf 6-10 Junie op die Potchefstroom-kampus aangebied is. Na aanleiding van die terugvoer wat ons van die kursusgangers ontvang het, was dit vir almal ʼn bemagtigende ervaring. Daarom beplan ons reeds aan die ATKV-Lenteskool wat in September plaasvind en veral fokus op die skryf van romanses en liefdesromans. Ons stel ook skryfkursusse gemik op die skryf van misdaadfiksie en jeugromans in die vooruitsig.

Wat nuwe inisiatiewe betref, wil ons graag die skryfkursusse wat ons aan skoolkinders aanbied, uitbrei en kombineer met ʼn mentorskapprogram vir belowende jong skrywers – nuwe stemme uit verskillende gemeenskappe wat graag hul stories in Afrikaans wil vertel. Op dié wyse hoop ons om ʼn daadwerklike bydrae tot die ontwikkeling van skryftalent in Afrikaans te lewer.

 

MT

Die ATKV-skryfskole het die afgelope 37 jaar bekendheid verwerf onder skrywers en potensiële skrywers. Wat presies is die doel van die ATKV-skryfskole? Het dié inisiatief al enige vrugte afgewerp?

TH

Die doel van die ATKV-Skryfskole is om enigeen met ʼn passie vir boeke en skryfwerk die geleentheid te gee om hul skryfvaardighede in Afrikaans te slyp, maar ook om in die proses ʼn meer kritiese ingesteldheid ten opsigte van hul eie skryfwerk te ontwikkel. Met die oog hierop word bekende skrywers, akademici met ervaring in die onderrig van kreatiewe skryfkuns, uitgewers en selfs joernaliste voor elke skryfskool uitgenooi om kursusgangers op praktiese wyse op dié roete te kom vergesel.

In die bestaansgeskiedenis van dié weeklange skryfkursus het ʼn hele paar gevestigde en bekroonde skrywers al ’n wegspringplek vir hulle skryfloopbane gevind. Onder hulle tel bekende skywersname soos dié van Irma Joubert, Jaco Jacobs, Carina Stander, Chanette Paul en Zelda Bezuidenhout  – om enkeles te noem.

 

MT

Hoe het jy hierdie eerste skryfskool wat onder jou leiding gereël is, ervaar? Was dit ʼn sukses? Wat was die hoogtepunt(e) van hierdie Winterskool?

TH

Ek het die Winterskool besonder verrykend gevind. ʼn Leerskool in meer as een sin van die woord.

Volgens die terugvoer wat ons van die kursusgangers ontvang het, was dit volgens hulle darem ook suksesvol.

Die sukses van die kursus kan in die eerste plek toegeskryf word aan die buitengewoon bekwame en keurige wyse waarop Kobie van Aswegen, my Skryfskool-regterhand, dit georganiseer en geadministreer het. In die tweede plek was ons baie bevoorreg om die praktiese insette van skrywers en NWU-kollegas (en die een sluit die ander nie noodwendig uit nie) soos Andries Buys (Lodewyk G. du Plessis), Zelda Bezuidenhout, Hans du Plessis, Pieter Odendaal, Bernard Odendaal, Fanie Viljoen, S.J. Naudé, Franci Greyling, Marida Fitzpatrick, Kirby van der Merwe en Johan Myburg te kry. Fanie Viljoen het as fasiliteerder van die praktiese groepsessies opgetree en, onder andere, kommentaar gelewer op elke kursusganger se skryfwerk. Baie kursusgangers het die bedrewe wyse waarop Fanie dié sessies behartig het, as ʼn hoogtepunt van die kursus bestempel.

 

MT

Wie mag aan so ʼn skryfskool deelneem? Is daar enige vereistes, wat behels dit en wat kos dit? Hoe maak mens om deel te neem?

 

TH

Dit staan absoluut enigiemand vry om aan ʼn skryfskool deel te neem. Boonop vind geen voorafkeuring plaas nie. Kursusgangers word wel versoek om ʼn kort skryfstuk (in die genre van hulle keuse/voorkeur) saam met hulle inskrywingsvorms in te stuur. Tydens die skryfskool ontvang elke kursusganger terugvoer/kommentaar op dié skryfstuk van medekursusgangers, maar ook van die skrywers wat as groepsessie-leiers optree. Hierbenewens gee verteenwoordigers van hoofstroom-uitgewers ook waardevolle inligting en raad oor die voorlegging, keuring en afronding van publiseerbare manuskripte.

Meer inligting oor skryfkursusse kan aangevra word by me. Kobie van Aswegen, te e-posadres kobie.vanaswegen@nwu.ac.za, of telefonies te 018 299-1783.

 

Potchefstroom, Winterskool 2022: van links na regs, Hans du Plessis, Bernard Odendaal, Andries Buys (alias Lodewyk G du Plessis), Thys Human en Tan Twan Eng.

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Stilet 32(1&2) Opsommings/Abstracts
Aangenaam! Onderhoud met Hans du Plessis →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Wenners van die kompetisie: “Die gees van die avontuur”
  • Stefanus S. Vivier. Reisiger
  • Uitnodiging na die ATKV-digskool 27 – 29 Maart 2026
  • Yves T’Sjoen. Postumiteiten voor Breyten
  • Uitnodiging: ATKV-digskool, 27 – 29 Maart

Nuutste kommentaar

  1. Hein Viljoen on Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar20 January 2026

    Joan Jy skryf: "By Kouwenaar: die maan en die perse word één". Die hele ryk Persiese wêreld - Babilon, spykerskrif,…

  2. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  5. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d