I
Tye het verander. Wat in die vorige tye aanvaarbaar was, is nou problematies. Kom ons kyk na humor:
Die talle Blondine-grappe maak ‘n definitiewe gender-stelling.
Blondine:
Ek is gisteraand verag.
Blondine antwoord:
Jy bedoel seker verkrag, jou idioom!
Grappe aktiveer altyd ‘n bepaalde siening oor klas, ras en natuurlik: gender. Dit som ook ‘n tydsgees op.
Of hierdie een:
Wat is die definisie van ‘n gay man in Pretoria?
Hy wat nie Saterdagmiddag op Loftus Versveld rugby kyk nie.
Mag ons nog lag hiervoor?
Onder grap-tegnieke sluit Freud die volgende in: analogie; aandag aftrek; kort opsomming/ kondensasie; kompromis-vorming; displacement; double entendre; enumerasie; oordrywing; opsetlike verkeerde argumentasie; indirekte representasie; inversie; modifikasie; veelvuldige aanwending van woordmateriaal; woordspel; ensomeer.
Meer as tien jaar terug het hierdie skrywer ‘n kursus oor grappe aangebied wat vandag ‘n minder gunstige reaksie sal ontlok, ofskoon die kursus via Freud se Jokes and their relation to the unconscious, daardie klassieke werk uit 1916, gender analiseer.
Tye het verander. Androsentriese grappe lok teenstand uit nes rassistiese grappe.
Wys my waarvoor jy lag en ons sal weet wie jy is.
Daar is drie vlakke in die grap: die verhulling van die punt, ten einde die toehoorder onkant te betrap; die verdere verhulling van die punt wat dit wil oordra, sodat die toehoorder nie geskok is nie ten tyde van die gedeeltelike ont-hulling; en, soos die Oedipale driehoek op die grap-prosessering impliseer, verhul die grap in wese die basiese begeerte tot liefde en aggressiwiteit – die basis van Freudiaanse denke. So meen Jerry Aline Flieger dan in “The Purloined Punchline: Joke as textual paradigm” (1986).
Sy baseer, soos Freud, die grap op die Oedipus-struktuur:
2
desired female-butt of joke
Jocasta-Mother
Writer’s “day-dream” object-character
1 3
desiring subject-joker intruder-accomplice-joke hearer
Oedipus-Child Laius-Father
writer-dreamer reader
Freud beweer in Jokes and their relation to the unconscious: “A joke is judgment which produces a comic contrast; it has already played a silent part in caricature, but only in judgment does it attain its peculiar form and the free sphere of its unfolding”(1976: 40).
Vir Flieger (186, 280) is die hele proses van grappe vertel en aanhoor so dubbelkantig soos die punchline van die grap. Niemand bly onaangeraak – sy gebruik selfs die begrip “ongekontamineerd” – deur die Ander se begeerte nie. En: grappe verraai die onvermoë om die oorspronklike te bereik: “while in the case of the butt of the joke, the process signifies vulnerability to humiliation or exposure”. ‘n Mens gebruik die toehoorder om jou eie genot te aktiveer (Freud: “I am making use of him to arouse my own laughter” (1976: 156).
As ‘n mens lag, is jy natuurlik ingetrek in hierdie transaksie; herhaal jy dit later, word jy deel van die grapketting.
Dieselfde geld ‘n polemiek: as jy reageer word jy ingetrek in die ketting van verskillende aannames en misverstande. Of iemand reageer wat nie die hele prentjie het nie. Heftige reaksies is egter tersaaklik, omdat dit die kritikus en teoretikus dwing om ‘n waardestelsel en manier van lees te analiseer. Willie Burger het dit by uitstek raak gelees. Sy analise is deel van die ketting. 1.
Toe dekonstruksie-kritiek in die 80er jare binne die Afrikaanse letterkunde ‘n staanplek gekry het, was daar teenstand en kritiek. In my tweede doktorale studie het hierdie leser aannames ondersoek en herbesoek. Van die insigte hier is gebaseer op hierdie studie, onderneem onder die leiding van H.J. Snyman.
The fate of reading, soos Geoffrey H. Hartman dit noem. En ‘n skrywer mag ‘n prys by ‘n ontvangs kritiseer of die waardes waarvan hy of sy verskil. 2.
S.J. Naudé het die reg om sy uitsprake te maak. My reaksie op Litnet:
‘n Skrywer mag ‘n prys aanvaar en dan kommentaar of kritiek lewer op die tydsgewrig, die politiek-van-die-dag, of watookal.
Dit het al gebeur hier en elders.
‘n Skrywer is nie ‘n handperd van enige komitee nie.
Carmen Callill en die Booker-debakel rondom Philip Roth. Van die ander kant dan:
https://www.theguardian.com/books/2011/may/21/philip-roth-protest-feminism-virago
Sy het beweer dat hy ‘n oorskatte skrywer is. ‘n Stelling waarvan ek radikaal verskil.
“He goes on and on and on about the same subject in almost every single book. It’s as though he’s sitting on your face and you can’t breathe,” she said. Dit was 2011.
Verskille sal daar immer wees.
So Naudé had die reg om sy siening te uiter.
‘n Komitee bestaan uit verskillende lede en almal wat al op ‘n pryskomitee gedien het, weet daar word dikwels op ‘n wenner besluit deur die komitee waar daar onderlinge verskille én standpunte sal wees.
Ek was op ‘n komitee waar Anna M. Louw se Vos oorgesien is en nou jare later weer terugkeer as ‘n waterskeidende teks.
Dol heuning is ‘n belangrike teks.
II
Die afgelope tyd was ontstemmend vir almal werksaam binne die Afrikaanse letterkunde. Polarisasie. Misverstande. Verwyte. Bedankings.
Hoe reageer ons op alles binne die nuwe tyd? Die posisie van die analis en analisant, soos Lacan ons leer, ruil voortdurend om. Beheer is nie ‘n absolute posisie nie.
Die naweek kyk ek na The White Lotus (Mike White, 2021), ‘n satire oor al die kwessies wat ons nou beleef.
Die fiktiewe hotel in Hawaii takel alles van ons tyd met die besoek van rykes wat binne een week afspeel. Dit oordryf, maar al die vraagstukke van die tyd is hier: BLM, gay en homofobia, grondbesit, die verbrokkeling van die kerngesin, die mooi vrou as trofee, cancel culture, rykdom versus armoede, diefstal uit ‘n kluis, ‘n ambisieuse sterk vrou wat die gesin onderhou en onder-hou, ‘n T-shirt waarop staan: Homelesness must stop. Ingesmokkelde dwelms en die pa (Mark Mossbacher) wat ontdek sy eie vader het gesterf aan Vigs. ‘n Dogter wat haar pa as homofobies sien.
Die twee jong studente (Paula en Olivia) lees Camille Paglia, Nietzsche en Freud. Die wittebroodspaartjie lees verskillende boeke: hy Blink en sy Ferrante. Shane en Rachel. Blink natuurlik daardie teks oor die “power of not thinking”; die persoon wat vinnig besluite kan maak.
Armond, die gay bestuurder van die vakansieoord, wat al vir vyf jaar lank sy dwelmverslawing beheer en dan die groen sak met die pille van Paula nie teruggee nie en uiteindelik sy pos verloor weens ontoepaslike gedrag met ‘n jong werknemer. En ook met Mark ‘n fling het en wat hierna weer belangstel in sy vrou.
Sy vrou het zoom-vergaderings en kan ook Sjinees praat.
‘n Alfa-man, Shane wat eis dat hulle kamer nie die honeymoon-suite is waarvoor hulle betaal het nie en Armond ter take neem. ‘n Vervalste nommer van die baas wat die vure net verder aanblaas, want Shane laat nie met hom mors nie. Selfs sy ma daag op (nog grensoorskrydende gedrag). 3. Shane dra ‘n pet van Cornell Universiteit. ‘n Steek na die Ivy League bepaald.
Buffettafels wat kreun onder die kos.
Tanya, die ryk afgeleefde Brigitte Bardot, wil haar ma se as strooi in die see. Sy beloof vir Belinda geld om haar eie spa te begin, maar gee uiteindelik net vir haar kontant wanneer sy vertrek, omdat sy insien dat sy mense met geld manipuleer. Haar liefdesverhouding met Greg, ‘n diepseeduiker, voorspel wel geluk. Soos die jong Quinn Mossbacher wat agterbly en eerder met die locals wil werk.
Sekstonele tussen Paula en ‘n hotelwerker wat sy mislei sodat hy die ryk Mossbachers se kluis oopmaak en duur juwele steel sodat hy kan terugneem wat van hom geneem is … met funeste gevolge, want hy sal waarskynlik in die tronk beland.
Rachel wat besef sy wil nie langer ‘n trofee wees nie.
En dan: Armond wat so hoog soos ‘n kite wil wraak neem op Shane en in sy tas skyt (die kyker sien die abjekte) en Shane wat hom per ongeluk met ‘n mes steek in verdediging. Want almal is histeries ná die diefstalinsident.
Armond sterf. En die reeks begin met die kamera wat fokus op die kis wat ingelaai word en jy as kyker wonder: wie gaan sterf in hierdie who-dunnit?
Rachel versoen met Shane.
Alles keer terug na normaal. Maar almal is getransformeer en verander deur die vakansie.
Satire. Soms ‘n Franse klug wat teen ‘n vinnige tempo kommentaar lewer op die moderne samelewing – en véral eensaamheid.
Wanneer die wittebroodegpaar op dieselfde boot land as Tanya wat wil asse strooi, praat ons van swart humor. En ook haar pyn oor haar moeder wat sy mis, wat haar nooit verstaan het nie, open ‘n ander kwessie oor versaking.
Die kamera fokus dikwels op die see en hoe Greg en ander onderwaters swem.
En die hotelwerkers wat weer die nuwe gaste inwag.
III
‘n Teks het altyd ‘n bedoeling of intensie. En die leser lees dit binne ‘n raamwerk van kulturele kodes met teoretiese aannames.
Joan Hambidge
Kaapstad 2022
Bronne:
Flieger, Jerry Aline. 1986. “The Purloined Punchline: Joke as textual paradigm” in Robert Con Davis se Contemporary literary criticism. New York: Longman.
Freud, Sigmund. 1916/1976. Jokes and their relation to the unconscious. Pelican Freud Library volume 6. Londen: Penguin. (Vertaal deur James Strachey en hersien deur Angela Richards).
Gallop, Jane. Maart 1979. “Why Does Freud Giggle When the Women Leave the Room?”. Lesing gelewer in die Women and humour section, Nemla-kongres. Connecticut: Hartford.
Hambidge, Joan. 2000. Gender-konstruksies in die Afrikaanse letterkunde:‘n Ondersoek in kultuurstudies, literêre teorie en kreatiewe skryfwerk. UCT. PhD.
Hartman, Geoffrey H. 1975. The fate of reading. Chicago: University of Chicago Press.
Endnote:
1 Die polemiek rondom die Akademie vir Wetenskap en Kuns wys op verborge aannames en verskillende ervarings van wat mag en nie mag nie.
https://www.litnet.co.za/wydlopende-kommentaar-deur-akademici-op-van-coller-debat/ Besoek 9 Augustus 2022
2 Dol heuning:
http://joanhambidge.blogspot.com/search?q=dol+heuning
Verruklik, uitdagend, melancholies; ‘n leeservaring wat jou ontstem én begeester. Dis ‘n boek wat die verborge verbande saamsnoer en die fabels van toe en nou interpreteer oor rituele vernederings en bestaanswoede.
Sublieme ambag.
- Karakters:
- Murray Bartlett as Armond, the manager of the White Lotus resort and a recovering drug addict who has been “clean” for 5 years
- Connie Britton as Nicole Mossbacher, a CFO of a search engine company and Mark’s wife
- Jennifer Coolidge as Tanya McQuoid, a troubled woman whose mother recently died who seeks inner peace and discovery
- Alexandra Daddario as Rachel Patton, a struggling journalist who does clickbait gigs, newly wed to Shane
- Fred Hechinger as Quinn Mossbacher, Nicole and Mark’s socially awkward, screen-addicted teenage son who takes avid interest in the local Hawaiian sports
- Jake Lacy as Shane Patton, a demanding and entitled wealthy real estate agent, and Rachel’s husband
- Brittany O’Grady as Paula, Olivia’s (relatively) less privileged but equally caustic mixed-race friend from college who struggles with the privilege of Olivia’s family in contrast to the local workers
- Natasha Rothwell as Belinda Lindsey, the resort’s kindly spa manager, who develops a complicated relationship with Tanya
- Sydney Sweeney as Olivia Mossbacher, Nicole and Mark’s sardonic daughter who is a college sophomore
- Steve Zahn as Mark Mossbacher, Nicole’s husband who is dealing with a health crisis
- Molly Shannon as Kitty Patton, Shane’s overbearing mother, who pays for the honeymoon and makes a less than welcome unnanounced visit