Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 December 202220 December 2022

(18) Amori Smith. Die kleure van onthou

 

Die kleure van onthou

 

My geheue se huis staan vas

die tuin is wild, vrolik en onbeteuel

voetpaadjies lank reeds toegegroei

maar die son straal goudgeel

al dansend in ‘n kleurkontras

 

ek hunker gretiglik na die deur

(skraap allig moed bymekaar)

om dié huis se kamers in te vaar –

gapend-aan elke herinnering

wat ‘n lank toegemaakte woning my bring

 

In die kombuis

weerklink die stemme nog,

luister ek dan mooi

is dit myne selfs ook

wat saam rinkink

 

Die gang is lig

met sagte strale

stukkies stof

mikrobies klein

wat daarin skyn

 

portrette hang stewig

hier waar ek stil

by my voorgeslagte talm;

in helderblou liefdeslig

is hul hier ewig verwesenlik

 

 

koperbed, wastafel, ‘n kruik

nog steeds op hul plek

tafel immer netjies

in my geheue gedek –

deur die venster loer ‘n wynrooi struik.

 

Ek sien nogmaals die lig

in die strale van die son;

ek sou hier wou bly

as ek maar net kon, tóg,

is ek inderdaad vry

 

ek leef naby jou, huis van herinnering

laat ek tyd uit my hede koop,

my lewe vir ‘n wyle neerlê

sodat die immergroen van onthou

inherent (diepgeleë) om my kan vou.

 

© Amori Smith, 2022

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Maritha Broschk. tafelgebed
  • Stephan du Toit. Namib
  • Joan Hambidge. The upturn palm

Nuutste bydraes

  • Stephan du Toit. Graaff-Reinet
  • Natasha Harmse. Die weefstoel
  • Margaret Cordier. Wes-kus Desember
  • Sanette Scheepers. Vrykoop
  • Natasha Harmse. As ek na Desember luister

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d