Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
31 December 202231 December 2022

(26) Jean Meiring. Ambraal

 

Ambraal

 

Aan die Oos-Rand speel ‘n mamma

– doodluiters en onverhoeds –

een namiddag vlak voor Krismis

met haar kroos, ál vier, Ambraal.

Op ‘n tapyt vol papier vir toedraai –

daarop ‘n engelekoor – roep sy:

“Ambraal, hóé gaan dit nog?”

In antwoord troos drie stemme:

“Die kind ís siek. Ambraal, dié yl en ly.”

Mammas weet ‘n siekte’s nooit finaal nie

en, uit dié vuur van hoop, kom weer:

“Ambraal, hoe gáán dit nog?”

“Die kind is siek. ‘n Koors brand

deur die lyfie van ons boet Ambraal.”

Wéér: “Ambraal, hoe gaan dit nóú?”

‘n Nuwe, droewe refrein klink op:

“Die kind Ambraal is dood.”

Sagte sooltjies tol die wêreld vol

om die spook se kloue te ontduik.

Maar wanneer mamma weer Ambraal

oproep, styg – vreemd – één stem minder uit.

Die koor word kleiner: “Hulle’s séker moeg.”

Tót haar vraag na die kind se welsyn –

“Is jý, Ambraal, nog daar?” –

in antwoord die troos van doodse stilte kry:

‘n engelekoor wat swyg.

 

© Jean Meiring, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Margaret Cordier. Wes-kus Desember
  • Margaret Cordier. Tog
  • Stephan du Toit. Florence Nightingale

Nuutste bydraes

  • Ilse van Staden. aart poetica
  • Ferdi Wheeler. Also spreek Spinoza
  • Joan Hambidge. Landskappe en argiewe
  • Miel Vanstreels. Na soveel jare
  • Hennie Nortjé. Raka in my tuin

Nuutste kommentaar

  1. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Die Kaap, die Swartland en W.E.G. Louw op Stellenbosch3 November 2026

    Hoe bring dit nou herinneringe terug. Dr Roelie van Huysteen was ons buurman en huisdokter op Stellenbosch toe ek 'n…

  2. Joan Hambidge on Marius Crous. Vier gedigte26 October 2026

    Uitstekend.

  3. Versindaba on Marius Crous. Vier gedigte25 October 2026

    Jacobus, "Dr. Swathe" se onvanpaste kommentaar is verwyder.

  4. Etienne on Andries Fourie. Waar die stilte wit is24 October 2026

    Mooi

  5. Bernard Odendaal on Johan Myburg. Vertaling uit Afrikaans in Duits. (Vert. Robert Schall)24 October 2026

    Robert Schall weet hoe om vertalend reg te laat geskied aan ‘n treffende Afrikaanse óf Duitse gedig.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d