Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 April 2023

Annora Eksteen. KPTS en Bipolêre versteurings

 

KPTS en Bipolêre versteurings

 

komplekse posttraumatiese voortdurende stres

tussentye van depressie    dan vreugde

ek moenie weer verstar volledig vasvries nie oor

seksuele misbruik gepaardgaande met fisiese geweld

 

haar metodes met my was afskuwelike aanranding en ​​later

dit kon tog nie    maar dit was    my lyf onthou

 

mense het daaroor  begin praat – of was dit dalk net

so groep inmengende musikante, vry in uitdrukking

jeumel, jirretjie tog, dis donners befok en arme An nou al hoe oud!

 

sonder dat ek hoegenaamd bewus was    of dat my gedrag

die van ‘n baie bang kind was

 

maar dit was oor langtermyn skade en ek sou nooit onthou het

as ek nie keer op keer ontsettend gehertraumatiseer is nie

 

aan die einde van 2020 – die ergste episode van my lewe

en die leidrade het alles in plek geval,waarna psigiaters

my dosis valproaat & valproïensuur opgeskuif het

my gemoedskommelings gestabiliseer het

 

‘n professor wat ​deur MRI-skanderings ​breinskywe ontleed, het op ‘n dag

vir my gesê e​m​osionele skade aan die ​brein ​kan nie genees nie

n​eurofisiologiese bewyse dui daarop dat die ontwikkeling

van KPTSV toegeskryf kan word ondermeer

aan funksionele abnormaliteite in vreesleer

​f​okale atrofie vind plaas, selle in sommige streke in die brein

word geaffekteer en begin veral by die dorsolaterale prefrontale korteks

 

ek het breinskade en my pa se pa ​s​e seksuele aanrandings aan dogters

is ook al goed bekend, my psige afgebreek in geheueverlies

tot toe: dit het gebeur, niks ​k​an dit verander nie

 

​​m​a’s wat dit aan hulle dogtertjies en kleindogters – dit ook bestaan

tog word die praat daaroor steeds vermy

 

tot al die klokke dan sal lui

en ons sal staan en sing

 

© Annora Eksteen, 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Annora Eksteen. Narsistiese persoonlikheidsteuring
Annora Eksteen. Die essensie van ‘n waternimf →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d