Die essensie van ‘n waternimf
ek slaap ek droom
in my stil maanligmeer
geure van mos en varings omring my
ek voel in vrede
ek hou jou na aan my hart
ek sal jou nooit laat los nie
ek is hier
in my stil maanligmeer
ek is hier
in die diep woud se geur
ek kan nooit uit hierdie meer ontsnap nie
as jy my volg
sal ek verdwyn
jy en ek was nooit werklik nie
jy is vry
maar ek
is hier
© Annora Eksteen, 2024
