die digter bedink ʼn i
ewig dié eensame regopstaan
stilte ná ʼn uitroep dié!
ʼn mens met ʼn hoed op
geleviteer tot stralekrans miskien
ʼn voël, ʼn vlooi, ʼn diakritiese eie-ek
selfstandig in ditself gekeer
en alkant selfkant
klein saamsleepmetgesel
van my hele lewe dié
i
© Ilse van Staden 2023
Mooi gedig. Knap gedoen, om weer te lees, en weer…
Welgedaan!