in die see
’n buurvrou het haar ring vir my gegee “vir beskerming”
en ek beskou myself nie as bygelowig nie maar die ring
het aanhou afgly, eers op die kombuisvloer, later
in die wasbak en uiteindelik in die see, terwyl ons snorkel
ek het dit te laat voel loskom en kon die ligter sirkel van skielike
niks meer duidelik eien as die silwer band. ek het onmiddellik,
afgeduik en teen alle verwagtinge in die ring
gevind op die seevloer, tussen sand en ander dinge
vir dae het ek gegloei met die lig van blinde geluk, die onwaar-
skynlikheid van so ’n goeie uitkoms: wonderwerk aan hand,
gelukskoot om die pinkie, het ek soggens gaan swem
maar dae later in die vlak branders het die ring weer afgeglip
dié keer was hy deeglik weg, onvindbaar tussen stukke skulp en klip
’n groot speld in die onmin van golwe
vir weke het ek aanhou duik en ook die strand bly fynkam
vir ’n blink ding in die gruis elke weer-kom
na die water nou ook ’n soektog
die ring steeds vermis en ek dus onbeskerm loop ek langs ’n ander
kuslyn met my voete in ander getye
ek sit nie op die strand nie, ek soek vertroosting van die son
ek swem nie in die water nie, ek soek ’n seëlring in die see
© BiBi SLiPPeRS, 2023
Remember that the AVBOB Poetry Competition reopened on 1 August 2023. Visit our website regularly at https://www.avbobpoetry.co.za/ for editing tips and advice as well as updates about upcoming workshops.
Mooi gedig.
Kyk net: bygewlowig …
Dis baie goed gedoen. Knap gedaan.
Geluk!