Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 September 202320 September 2023

Bibi Slippers. in die see

 

in die see

 

’n buurvrou het haar ring vir my gegee “vir beskerming”

en ek beskou myself nie as bygelowig nie maar die ring

het aanhou afgly, eers op die kombuisvloer, later

in die wasbak en uiteindelik in die see, terwyl ons snorkel

 

ek het dit te laat voel loskom en kon die ligter sirkel van skielike

niks meer duidelik eien as die silwer band. ek het onmiddellik,

afgeduik en teen alle verwagtinge in die ring

gevind op die seevloer, tussen sand en ander dinge

 

vir dae het ek gegloei met die lig van blinde geluk, die onwaar-

skynlikheid van so ’n goeie uitkoms: wonderwerk aan hand,

gelukskoot om die pinkie, het ek soggens gaan swem

 

maar dae later in die vlak branders het die ring weer afgeglip

dié keer was hy deeglik weg, onvindbaar tussen stukke skulp en klip

’n groot speld in die onmin van golwe

 

vir weke het ek aanhou duik en ook die strand bly fynkam

vir ’n blink ding in die gruis elke weer-kom

na die water nou ook ’n soektog

 

die ring steeds vermis en ek dus onbeskerm loop ek langs ’n ander

kuslyn met my voete in ander getye

 

ek sit nie op die strand nie, ek soek vertroosting van die son

ek swem nie in die water nie, ek soek ’n seëlring in die see

 

© BiBi SLiPPeRS, 2023

 

 

 

 

 

Remember that the AVBOB Poetry Competition reopened on 1 August 2023. Visit our website regularly at https://www.avbobpoetry.co.za/ for editing tips and advice as well as updates about upcoming workshops.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

2e gedagtes oor “Bibi Slippers. in die see”

  1. Joan Hambidge says:
    20 September 2023 at 13:06

    Mooi gedig.

    Kyk net: bygewlowig …

    Reply
  2. Hendrik Botha says:
    20 September 2023 at 10:35

    Dis baie goed gedoen. Knap gedaan.
    Geluk!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)
  • Resensie: “Dwaaldae” (Andrea Sieberhagen)
  • Resensie: “Klaarte” (Louis Esterhuizen)
  • Resensie: "Skulpkrale: Kwatryne" (Marié Heese)
  • Anne-Marie Bartie. verskille

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Nog in my laaste woorde
  • Gedigkompetisie: Praat ’n slag (weer) met N.P. van Wyk Louw en/of sy grootwordwêreld!
  • Jeanne Henning Els. noodgeval
  • Jeanne Henning Els. wholeworld
  • Koos de Wet. Sakkies lug

Nuutste kommentaar

  1. Johann Lodewyk Marais on Johann Lodewyk Marais. Blesbok10 June 2026

    Dankie, Joan. As kind het ek dikwels gesien hoe van die boere om ons met blesbokke boer. Nou en dan…

  2. Piet van Rooyen on Piet van Rooyen. Variasie op Jan Blohm se “Jenny”6 June 2026

    Lyk my dis wat gebeur as 'n kabouter by Kunsmatige Intelligensie inklouter!

  3. Karin on C Fritze. Oorskot van die dag6 June 2026

    Ek verwonder my altyd aan hoe digters en skrywers se gedagtes ver paaie loop om sulke aangrypende gedigte en stories…

  4. Toekie on C Fritze. Oorskot van die dag3 June 2026

    So goed geskryf. Geniet altyd jou poësie. Sien uit na die volgende een.

  5. Joan Hambidge on Johann Lodewyk Marais. Blesbok2 June 2026

    Pragvers Johann. Maak 'n bundel hiervan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d