Amblisia
Vergeet durf ek nooit op my vader se dag
van herdenking: 30 September met ‘n lente
wat uitbly en my opnuut terugneem vandag
na sy studeerkamer vol papiere, agendas
en boeke, die hoefyster van sy hart,
wat ek opnuut betree in dubbelspraak:
‘n familieboom vol knoetse en lote
die dood van ‘n broerskind, hierna ‘n kind Hope;
sy moeder en vader se vredige lyksredes.
Met sy geleende jas, ja ‘n jas wat netjies pas;
‘n koue winter trotseer en nou met ‘n verbeelde jas
omvou teen die durende winters van lydelike verset.
© Joan Hambidge, 2023
In het Duits Unkenruf!
Van Amblysia: modifikasie van taal wanneer iets skokkends of pynlik aangekondig word.
UIstaande!
Help asb! Ek kry nie die titel op die internet nie. Betekenis?