Walter Benjamin
vir Jannet
seervoet
die aankoms in Portbou
saut de loup
onder losse bewaking
na die Hotel de Francia
edemateuse moerdruk
gelaat op tafel stoel en raam
aan sy kapittelstok
gegraveerde dekskub gelig
jou goue sakhorlosie
op die bedkassie langs jou
posologie student
om met immer rustelose hande
op hierdie aand
die Fach in ontvangs te neem
die wil tot interpretasie
posvars bemaakte digma
ruitstil
muurpapier gedekodeer
grensoorskrydend
vir die klein kudde
‘n dag later in September
die Verlosser gebore uit barensnood
© Jacobus Swart 2023
Absoluut aangrypend! Die stryd en die spanning voel ons, maar die Verlosser leef. Dankie hiervoor!