oordink
(vroeë dimensie)
ek oordink gewoonlik
of die ‘moontlike’ sal gebeur
of dit môre gaan reën
soos my stroewe linkerheup voorspel
of die woorde wat ek vind, genoeg is
of die storms binne my skedel
die lowergroen paradys
in my oorvol neocortex sal laat verlep
© Anne-Marie Bartie, 2024